Walser

Walser nedersetting van Juf, 'n hooggeleë permanentbewoonde dorp in Europa

Die Walsers is 'n Duitssprekende etniese groep in die Alpe. Vanaf die jaar 1000 het die Walsers vanuit die onherbergsame Alpe-gebiede in vandag se Kanton Wallis (Switserland), na die Oostelike valleie van Switserland, die Noord-Weste van Italië, Liechtenstein en die Weste van Oostenryk, (veral Tirool), die Savoy, en Beiere getrek. Oor 'n lengte van sowat 300 km in die Alpe is daar vandag nog ongeveer 150 Walser-nedersettings.

Hulle afstammelinge praat vandag nog op baie plekke steeds 'n kenmerkende Hoogste-Alemanniese dialek, die Walserduits.


From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne