Wieg van die Mensdom

Fossiele Hominiedterreine in Suid-Afrika*
Unesco-wêrelderfenisterrein

Die Tumulus-gebou by die Maropeng-sentrum, Wieg van die Mensdom
Ligging van Wieg van die Mensdom op 'n kaart (Suid-Afrika)
Wieg van die Mensdom
Wieg van die Mensdom
Ligging van die Wieg van die Mensdom in Suid-Afrika
Koördinate: 25°58′01″S 27°39′45″O / 25.96694°S 27.66250°O / -25.96694; 27.66250
Lande Vlag van Suid-Afrika Suid-Afrika
Tipe Kultureel
Kriteria iii, vi
Verwysings 915
Streek Afrika
Inskripsiegeskiedenis
Inskripsie 1999  (23ste Sessie)
Uitbreidings 2005
* Naam soos dit in die Wêrelderfenislys verskyn.
Streek soos deur Unesco geklassifiseer.

Die Wieg van die Mensdom is 'n wêrelderfenisgebied aan die Wes-Rand, Gauteng, in Suid-Afrika. Die area is net noordwes van Krugersdorp langs die N14 nasionale pad. Dit bestaan uit die Sterkfonteingrotte, Swartkrans, Kromdraai en die omliggende dele. Dit is een van die plekke waar die heel oudste hominied- of aapmensfossiele ter wêreld gevind is. Ander fossiele van uitgestorwe dier- en plantspesies is ook al hier gevind. Die fossiele is vasgevang in dolomietrotse wat na raming tot 2,5 miljoen jaar oud is. Daar is elders in Afrika ook soortgelyke vondste, maar nêrens is daar so baie fossiele soos by Die Wieg van die Mensdom nie.


From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne