Wikipedia:Styl/Skakels

Skakels is 'n belangrike kenmerk van Wikipedia. Interne skakels bind die ensiklopedie in 'n onderling verbonde geheel. Interwikiskakels verbind die ensiklopedie met susterprojekte soos Wikisource, Wiktionary, en Wikipedia in ander tale. Eksterne skakels verbind Wikipedia met die Wêreldwye Web.

Toepaslike skakels verskaf 'n onmiddellike roete na 'n vollediger begrip van die betrokke onderwerp. Wanneer ookal 'n artikel geskryf of gewysig word, is die belangrik om nie net te oorweeg watter inhoud om in die artikel te plaas nie, maar ook watter skakels om in te sluit om die leser te help om verwante inligting op te spoor, sowel as watter ander bladsye na die artikel moet skakel. Sorg moet geneem word om te verhoed dat te veel of te min skakels ingesluit word.

Hierdie bladsy verskaf riglyne oor skakels gebruik moet word al dan nie, en hoe om skakels te formatteer.


From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne