Mozilla Firefox

Mozilla Firefox
Kort opsomming van die logo.
Firefox 57 op Windows 10

Ontwikkelaar Mozilla-stigting/Mozilla Corporation
Nuutste weergawe 124.0.1[1] Edit this on Wikidata/ 22 Maart 2024
Nuutste betaweergawe 125.0b4[2] Edit this on Wikidata/ 25 Maart 2024
Programmeertaal C++, JavaScript, C, Rust
Bedryfstelsel Windows, OS X, Linux
Beskikbaar in Afrikaans en baie andere tale
Kategorie Webblaaier
Lisensie MOL, MOL/GPL/LGPL trilisensie
Webblad www.mozilla.org/en-US/firefox/new/ Edit this at Wikidata

Mozilla Firefox (oorspronklik bekend as Phoenix en kortliks as Mozilla Firebird) is 'n vrye kruis-platform-webblaaier wat deur die Mozilla-stigting en honderde vrywilligers ontwikkel word. Dit is meer as vyf miljoen keer in die eerste 12 dae ná die vrystelling van weergawe 1.0 afgelaai, en meer as 20 miljoen keer in minder as 11 weke daarna. Dit maak Firefox een van die mees populêre, gratis oopbronprogramme, veral onder tuisgebruikers.

Met Firefox beoog die Mozilla-stigting om 'n klein, vinnige, eenvoudige en hoogs uitbreibare webblaaier te ontwikkel wat onafhanklik van die Mozilla-suite staan. Firefox het die fokus van Mozilla-ontwikkeling geword, tesame met die Mozilla Thunderbird e-posleser, en het die Mozilla-suite vervang as die amptelike blaaier van die Mozilla-stigting.

  1. "Firefox 124.0.1, See All New Features, Updates and Fixes" (in Engels). 22 Maart 2024. Besoek op 25 Maart 2024.
  2. "Index of /pub/firefox/releases/125.0b4/" (in Engels). 25 Maart 2024. Besoek op 25 Maart 2024.

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne