Tacitus

Tacitus
'n Fiktiewe portret van Tacitus
Gebore
Publius Cornelius Tacitus of Gaius Cornelius Tacitus

56
Sterf120
NasionaliteitAntieke Romeins
Beroepsenator, konsul, goewerneur en historikus

Publius (of Gaius) Cornelius Tacitus (56120) was 'n senator en 'n historikus van die Romeinse Ryk. Die behoue dele van sy twee vernaamste werke – die Annale en die Geskiednisse – ondersoek die bewind van die Romeinse keisers Tiberius, Claudius, Nero en dié wat regeer het in die jaar van die vier keisers. Hierdie twee werke behels die geskiedenis van die Romeinse ryk vanaf die dood van Augustus in 14 n.C., tot (waarskynlik) die dood van keiser Domitianus in 96 n.C.. Daar is aansienlike lakunes in die behoue tekste, insluitend een van vier boeke in omvang, in die Annale.

In sy ander werke bespreek Tacitus redenaarskuns (in dialoogformaat in Dialogus de oratoribus), Germania (in De origine et situ Germanorum), en verskaf biografiese aantekeninge omtrent sy skoonpa Agricola, hoofsaaklik betreffende sy Britanniese kampanje (De vita et moribus Iulii Agricolae).

Tacitus was 'n outeur wat geskrywe het in die silwer era van Latynse literatuur. Sy werk word onderskei deur 'n manhaftigheid en skerpsinnigheid, en 'n kompakte en soms onkonvensionele aanwending van Latyn.


From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne