Kriminalistiek

Kriminalistiek
akademiese dissipline, vakgebied
Subklas vannatuurwetenskapWysig
Beoefen deurkriminalisWysig

Die term kriminalistiek (polisiewetenskap) word in Suid-Afrika gebruik am die toepassing van wetenskaplike kennis en tegnieke in misdaadondersoek te omskryf. In die ondersoek na misdaad word gebruik gemaak van uiteenlopende wetenskappe soos chemie, biologie, natuurkunde, daktiloskopie (die opspoor, bewaar en vergelyking van vingerafdrukke), grafologie (soortgelyke werk met handskrifte) en fotografie.

In hul toepassing by die kriminalistiek word hierdie wetenskappe en tegnieke forensies (wat betrekking het op die geregtelike) genoem. So is die forensiese of geregtelike geneeskunde van die grootste belang in byvoorbeeld die ondersoek na moordgevalle, waarin tegnieke soos lykskouings en nadoodse ondersoeke gebruik word. Die forensiese geneeskunde het reeds aan die einde van die 19e eeu bestaan, nog voordat die kriminalistiek tot 'n egte wetenskap ontwikkel is.

Die studie van gifstowwe, wat toksikologie genoem word, is in hierdie tyd ook al toegepas. In moderne kriminalistiese ondersoeke word gekonsentreer op die slagoffer, die plek van die misdaad, die middele waarmee dit gepleeg is en die verdagte persoon. Die leidrade word met allerlei apparaat in kriminalistiese of polisielaboratoriums ondersoek. Die bevindings kan van die grootste belang wees in polisieondersoeke en as getuienis in hofsake.


From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne