| |||||
Nasionale leuse: ایمان، اتحاد، نظم[2] Īmān, Ittiḥād, Naẓm (Oerdoe vir: "Geloof, Eenheid, Dissipline") | |||||
Volkslied: قومی ترانہ Qaumī Tarānah[3] (Oerdoe vir: "Volkslied") | |||||
Hoofstad | Islamabad | ||||
Grootste stad | Karatsji | ||||
Amptelike tale | Engels en Oerdoe[4] | ||||
Regering | Federale parlementêre grondwetlike republiek Asif Ali Zardari Shehbaz Sharif | ||||
Onafhanklikheid Vorming
• Opvatting van Pakistan • Pakistan-verklaring • Pakistan-resolusie • Onafhanklikheid en Dominium • Islamitiese Republiek • Ontbinding van Oos- en Wes-Pakistan • Huidige grondwet |
29 Desember 1930 28 Januarie 1933 23 Maart 1940 14 Augustus 1947 23 Maart 1956 16 Desember 1971 14 Augustus 1973 | ||||
Oppervlakte - Totaal - Water (%) |
881 913[5] km2 (33ste) 340 509 myl2 2,86 | ||||
Bevolking - 2021-skatting - 2023-sensus - Digtheid |
226 992 332[6] (5de) 241 499 431[7] 273,8 / km2 (56ste) 709,1 / myl2 | ||||
BBP (KKP) - Totaal - Per capita |
2023-skatting | ||||
BBP (nominaal) - Totaal - Per capita |
2023-skatting | ||||
MOI (2021) | 0,544[9] (161ste) – medium | ||||
Gini (2018) | 29,6[10] – medium | ||||
Geldeenheid | Roepee (Rs) (PKR )
| ||||
Tydsone - Somertyd |
PK (UTC+05:00) net soms toegepas (UTC+06:00) | ||||
Internet-TLD | .pk | ||||
Skakelkode | +92 |
Pakistan (Oerdoe: پاكستان, Pākistān), amptelik die Islamitiese Republiek Pakistan (Engels: Islamic Republic of Pakistan; Oerdoe: اِسلامی جمہوریہ پاکِستان, Islāmī Jumhūriyah Pākistān), is 'n staat in Suid-Asië. Dit word in die weste begrens deur Iran en Afghanistan, in die noorde deur die Volksrepubliek China en in die ooste deur Indië. In die suide grens die land aan die Arabiese See van die Indiese Oseaan. In die noordooste word Pakistan deur die Himalaja met bergpieke soos Broad Peak, Gasherbrum I, Gasherbrum II, K2 en Nanga Parbat begrens. Pakistan se geografie word gekenmerk deur die Indusvallei.
Pakistan beslaan 'n oppervlakte van 881 913 km² en het 'n bevolking van 241 499 431 in 2023 gehad. Die hoofstad is sedert 1960 Islamabad en die grootste stad is Karatsji. Ander groot stede sluit in Faisalabad, Gujranwala, Hyderabad, Lahore, Multan, Pesjawar, Quetta en Rawalpindi. Die amptelike tale is Engels en Oerdoe (ook nasionale taal), terwyl ander tale soos Beloetsji, Kasjmiri, Pandjabi, Pasjtoe, Persies en Sindhi net plaaslike erkenning geniet. Belangrike etniese groepe sluit in Beloetsje, Bengale, Muhajirs, Punjabi's, Pasjtoene, Saraiki's en Sindhi's.
Pakistan het tussen 1858 en 1947 deel uitgemaak van Brits-Indië en met die Verdeling van Indië het dit saam met Bangladesj van sy buurland Indië geskei. In 1971 het die destydse Oos-Pakistan met Indiese ondersteuning die Bengaalse Onafhanklikheidsoorlog teen Pakistan begin en op 26 Maart 1971 sy onafhanklikheid van Pakistan verklaar. Met die grondwet van 14 Augustus 1973 het dié land 'n federale parlementêre grondwetlike republiek geword. Pakistan is 'n lidland van die Britse Statebond met 'n president as staatshoof. Sedert die Verdeling van Indië veg Pakistan teen Indië en die Volksrepubliek China oor beheer van die voormalige prinsstaat Kasjmir, wat tot dusver tot vyf oorloë oor die verdeelde gebied gelei het.
Die naam Pakistan beteken "Land van die suiwer" in Persies en Oerdoe. Dit is ook afgelei van die gebiede in die voormalige Brits-Indië: Punjab, North-West Frontier Province (Afghania Province), Kasjmir, Sindh en Baluchistan.[11][12][13] Die letter i is toegevoeg om die spelling te verbeter en die korrekte naam in Persies en Oerdoe te kry.[14] Die agtervoegsel ـستان (-stān) is 'n Persiese woord en beteken "die plek van" en herinner ook aan die sinoniem (en verwante) Sanskrit-woord sthāna स्थान.[15] Pakistan beteken dus "land van die Pakistane".