AFC

AFC
Kenteken van die AFC
Kenteken van die AFC
Engelse naam Asian Football Confederation
Arabiese naam الاتحاد الآسيوي لكرة القدم
Vasteland Asië
Sportsoorte Sokker
Gestig op 7 Mei 1954
Gestig in Manila, Filippyne
President Salman bin Ibrahim Al Khalifa
Adjunkpresidente Saoud Al-Mohannadi
Ganbaatar Amgalanbaatar
Faisal Saleh Hayat
Mehdi Taj
Zaw Zaw
Sekretaris-generaal Windsor John
Sambreelorganisasie FIFA
Konfederasies AFF, CAFA, EAFF, SAFF, WAFF
Setel Kuala Lumpur, Maleisië
Lede 47
Amptelike tale Arabies en Engels
Amptelike webwerf the-afc.com

AFC is die Asiatiese Sokkerkonfederasie (Engels: Asian Football Confederation; Arabies: الاتحاد الآسيوي لكرة القدم). AFC is een van FIFA se ses kontinentale konfederasies. Die konfederasie is op 8 Mei 1954 gestig en hulle hoofkantoor is in Kuala Lumpur, Maleisië, geleë. Die amptelike tale is Arabies en Engels en sedert 2013 is Salman Al-Khalifa president van die AFC.

Australië is vanaf 1 Januarie 2006 die 46ste lid van die AFC. Voor dit was hulle deel van OFC (die Oseaniese Sokkerkonfederasie) gewees. Israel is in 1974 weens die Arabies-Israeliese konflik uitgesluit en het in 1994 by UEFA, die Unie van Europese Voetbal-assosiasies, aangesluit. Kasakstan breek in 2002 weg en sluit by UEFA aan. Nieu-Seeland was tot 1964 'n lid van die AFC, maar hulle het in 1966 'n stigtingslid van die OFC geword.


From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne