Akupunktuur

Naalde word in 'n pasiënt se arm gedruk.
Spesiale naalde wat gebruik word.
Akupunktuurkaart uit die Ming-dinastie.

Akupunktuur ("Aku" is die Latynse term vir naald en "punktuur" is 'n ander woord vir prikking)[1] is 'n pseudowetenskap[2] wat as 'n 4 000 jaar oue omstrede alternatiewe medisynestelsel uit China ontstaan het. Dit is gebaseer op die geloof dat daar senuweeverbindings tussen die liggaamsorgane en die veloppervlak is, alhoewel daar geen bewyse hiervoor is nie.[3] Verder word daar geglo dat wanneer 'n orgaan siek is, ontstaan daar gevoelige akupunktuurpunte op, of net onder, die vel. Die redes vir die ontstaan van sulke punte en hul aard is nie duidelik nie.[3] Akupunktuur behels die stimulasie van hierdie punte met dun naalde om die vloei van energie te herstel. Daar is geen bewyse van die onstaan en aard van hierdie energie nie.[3]

Om stimulasie in die hand te werk, word die naalde in die rondte gedraai nadat dit in die vel gesteek is. Daar is praktisyns wat 'n ligte elektriese stroom deur die naalde stuur, eerder as om dit te draai. "Kama-Akupunktuur", waarin die akupuntuur uitgevoer word sonder om naalde te gebruik, het die selfde resultate as akupuntuur met naalde. Die resultate van beide soort akupunktuur word toegeskryf aan die plasebo-effek.[2][4]

  1. Verwysingfout: Invalid <ref> tag; no text was provided for refs named Chen
  2. 2,0 2,1 Verwysingfout: Invalid <ref> tag; no text was provided for refs named Berman
  3. 3,0 3,1 3,2 Verwysingfout: Invalid <ref> tag; no text was provided for refs named ERNST2006
  4. Verwysingfout: Invalid <ref> tag; no text was provided for refs named Pain

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne