Anaxagoras

Anaxagoras
Anaxagoras, detail van 'n fresco in die pilaargang van die Nasionale Universiteit van Athene

Gebore ca. 510 v.C.
Clazomenae
Oorlede ca. 428 v.C.
Lampsacus
Nasionaliteit Antieke Griekeland
Vakgebied natuurlike filosofie
Beïnvloed deur Milesiese skool
Invloed op Archelaus, Perikles

Anaxagoras (Grieks: Ἀναξαγόρας, Anaxagoras, "meester van die byeenkoms";) (Clazomenae, Ionië, 500 v. Chr. - 428 v. Chr.) was 'n voor-Sokratiese Griekse filosoof en sterrekundige. Anaxagoras was die eerste filosoof wat die filosofie van Ionië na Athene gebring het. Hy het gepoog om 'n wetenskaplike beskrywing van die ellips, die meteoriet, die reënboog en die son te gee. Hy is egter daarvan beskuldig dat hy die gevestigde godsdiens van sy tyd ondermyn wat hom genoodsaak het om na Lampsakus te vlug.

Anaxagoras is bekend daarvoor dat hy die kosmologiese konsep nous (verstand), as 'n ordeningsmag, geskep het. Hy beskou materie as bestaande uit 'n oneindige hoeveelheid van onvernietigbare primêre elemente. Die skepping en verdwyning van elemente word deur hom toegeskryf aan onderskeidelik vermenging en skeiding van dié onvernietigbare primêre elemente.


From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne