Gastroliet

Gastroliete uit 'n reptiel van die Mesosoïkum.

'n Gastroliet, ook genoem 'n maagklip, is 'n klip in die spysverteringstelsel van sommige diere. Hulle word in die maag gehou en help om kos fyn te maal in diere sonder die nodige maaltande. In ander spesies word die klippe ingesluk en gaan dit deur die spysverteringstelsel. Dan word dit voortdurend vervang. Die grootte van die klippe hang af van die grootte van die dier en die gastroliete se rol in die spysvertering. Ander spesies gebruik die gastroliete as ballas om hulle dryfvermoë te beheer.[1] Klippe van wisselende groottes, van sandkorrels tot groot klippe, is al aangeteken.

Die woord "gastroliet" kom van die Griekse γαστήρ (gastēr, "maag") en λίθος (lithos, "klip").

  1. Rondeau, et al Larval Anurans Adjust Buoyancy in Response to Substrate Ingestion Copeia: Februarie 2005, Vol. 2005, No. 1, pp. 188-195.

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne