Grot

Lechuguilla grot, New Mexico, VSA
Phong Nha karst grot in die Quang Binh provinsie, Viëtnam

Grotte ontstaan hoofsaaklik in kalksteen deur die oplossing van kalk onder die invloed van kooIsuurhoudende reënwater. Hierdie oplossing van die gesteente in water is 'n baie stadige en geleidelike proses en hoewel dit ondergronds plaasvind, is daar dikwels ook aan die aardoppervlak oplossingverskynsels sigbaar. Dan laat dit 'n gesteente (sogenaamde kalksteenplaveisel of lapies) agter wat in die volksmond olifantklip genoem word omdat dit, veral in die geval van grys dolomiet, so baie na olifantvel lyk. Opgeloste kalk aan die oppervlak word gedeeltelik deur grondwater afgevoer en slaan dan dikwels in die vorm van stalaktiete en stalagmiete in die reeds gevormde ondergrondse grotte neer. Hierdie soort grotvorming in kalksteen en dolomiet word karstgeomorfologie genoem, maar dit is nie die enigste manier waarop grotte gevorm kan word nie.

Die voortdurende duisternis, die gelykmatige temperatuur en die hoë vogtigheidsgraad in grotte het aanleiding gegee tot die ontwikkeling van lewensvorme wat in sommige gevalIe net in grotte kan voorkom. Groen plante ontbreek geheel en al. Grotbewonende diere het dikwels swak ontwikkelde of selfs geen nie, terwyl hulle tas- en gehoorsintuie weer besonder goed ontwikkel is. Vir ander diere, soos vlermuise, vorm grotte slegs 'n rus- of, in die kouer dele, 'n oorwinteringsplek.

Om nuwe grotte te ondersoek, het nie net 'n wetenskaplike taak geword nie, maar ook 'n baie opwindende en avontuurlike sportsoort. Die wetenskap wat die ontstaan van en die omstandighede en lewe in grotte bestudeer, word die speleologie genoem.

Baie grotte reg oor die wêreld het beroemde toeriste-aantreklikhede geword, In Suid-Afrika word die Kangogrotte, die Sudwalagrotte, die Eggogrotte, die Waenhuiskransgrotte en ook die Sterkfonteingrotte deur toeriste en vakansiegangers druk besoek.


From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne