Hepburn-stelsel

Die Hepburn-Stelselヘボン式ローマ字 (Hebon-shiki Rōmaji?) is 'n transkripsiestelsel vir die romanisering van Japannees na die Latynse alfabet. Dit is vernoem na James Curtis Hepburn wat dit gebruik het om die klanke van die Japannese taal te transkribeer in die derde uitgawe van sy Japannees–Engels woordeboek wat in 1887 gepubliseer is. Die stelsel is oorspronklik in 1885 deur die Society for the Romanization of the Japanese Alphabet[1] (羅馬字会 Rōmajikai) voorgestel. Die Hepburn-stelsel is sedertdien aangepas en die Shūsei Hebon-shiki Rōmaji (修正ヘボン式ローマ字) genoem.

Die oorspronklike en hersiene weergawes van die Hepburn-stelsel is steeds die mees algemene metode vir die transkripsie van Japannees in westerse tale.[2] Die stelsel is op Engelse fonologie gegrond maar word ook net so in Duits,[3] Frans[4] en Nederlands gebruik.

  1. The Society for the Romanisation of Japanese Geargiveer 12 Desember 2015 op Wayback Machine, besoek op 29 Januarie 2008
  2. Omniglot, Japanese Rōmaji (Roman letters), besoek op 29 Januarie 2007
  3. Regeln für die Umschrift des Japanischen in schriftlichen Arbeiten (Japanologisches Seminar der Universität Heidelberg) (PDF), Japanologisches Seminar der Universität Heidelberg, 25 Mei 2002
  4. Observatoire Musical Français Geargiveer 11 Februarie 2008 op Wayback Machine, Romanisation et présentation de documents comportant du japonais Geargiveer 23 November 2006 op Wayback Machine, Université Paris Sorbonne, MINT-OMF, Afgelaai op 29 Januarie 2007

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne