Kamtsjatka-skiereiland

Kamtsjatka-skiereiland
полуостров Камчатка
Die skiereiland in die winter. 'n Nasa-satellietbeeld
Die skiereiland in die winter. 'n Nasa-satellietbeeld
Geografie
Ligging Rusland, Stille Oseaan
Koördinate 57°N 160°O / 57°N 160°O / 57; 160

Oppervlakte 270 000 vk km
Hoogste punt Kljoetsjefskaja Sopka 4 750 m
Administrasie
Vlag van Rusland Rusland
Krai Kamtsjatka

Hoofstad Petropawlofsk-Kamtsjatski
Grootste stad Petropawlofsk-Kamtsjatski (179 807)

Demografie
Bevolking 322 079

Bevolkingsgroepe Russe, Oekraïners, Korjakke, Itenmene, Ewene, Aleoete en Tsjoektsje

Die Kamtsjatka-skiereiland (Russies: полуостров Камчатка, poloe-ostrof Kamtsjatka [pəlʊˈostrəf kɐmˈt͡ɕætkə]), is ’n 1 250 km lange en maksimaal 450 km breë bergagtige skiereiland in die Russiese Verre-Ooste geleë, nege tydsones oos van Moskou. Met ’n oppervlakte van 370 300 km² is Kamtsjatka die grootste skiereiland in Rusland ná Taimir, met 'n bevolking wat op sowat 400 000 beraam word.

Die Korjakski-vulkaan – een van drie vulkane wat bo Petropawlofsk-Kamtsjatski uittroon
Topografie van die Kamtsjatka-skiereiland. Die kleurgekodeerde reliëfbeeld, wat met gegewens van die Shuttle Radar Topography Mission (SRTM) saamgestel is, toon Kamtsjatka Kamtsjatka is geleë tussen die Stille Oseaan in die ooste, die See van Ochotsk in die weste en die Beringsee in die noordooste. As militêre spergebied naby die Sowjet-Russiese grens met die Verenigde State was Kamtsjatka van 1939 af vyf dekades lank nie toeganklik vir buitelandse toeriste nie. Sommige militêre spergebiede bestaan steeds, en toeriste mag hulle nie besoek nie. Nogtans lok die ongerepte natuurskoon en Kamtsjatka se reputasie as eersterangse wildernis- en skisporttoerismebestemming sedert die vroeë 1990's steeds meer besoekers na die unieke skiereiland, wat slegs per skip of per vliegtuig via Moskou se internasionale Sjeremetjewo-lughawe bereik kan word. Met 'n vliegtyd van nege uur is die diens van Moskou na Petropawlofsk-Kamtsjatski tans die langste binnelandse vliegroete in die Russiese Federasie. se vulkaniese karakter. Die Kloetsjefskaja-vulkaangroep, genoem na een van die aktiefste vulkane ter wêreld, is aan die beeld se sentrale regterkant sigbaar

Die reistyd van vlugte van die Internasionale Ted Stevens-lughawe in Anchorage, Alaska – 'n seisoenale roete wat in die somer deur Yakutia Airlines bedien word – is net die helfte so lank.[1]

Die oorspronklike administratiewe eenheid of oblast Kamtsjatka bestaan van 1932 af, aanvanklik met 'n oppervlakte van 473 300 km². Dit is in 1991 opgedeel in Kamtsjatka (179 737 km²) en Korjakië (292 563 km²). As gevolg van 'n verdere administratiewe hervorming vorm die Kamtsjatka-skiereiland, die Kommandeur-eilande (Kommandorskije ostrawa) en die Karaginski-eiland sedert 1 Julie 2007 die Kamtsjatka-krai van Rusland.

Die oorgrote meerderheid van Kamtsjatka se bevolking is Russe, terwyl die inheemse bevolking uit drie etniese hoofgroepe bestaan – Ewene, Itelmene en Korjakke.[2] Meer as die helfte van die totale bevolking is in Petropawlofsk-Kamtsjatski en die nabygeleë Jelizowo saamgetrek. Die skiereiland se lughawe is ook hier geleë. Die res van die bevolking – sowat 50 000 bewoners – woon in kleiner nedersettings wat versprei lê oor die hele skiereiland. Bewoners deel die gebied met die wêreld se grootste bruinbeerbevolking. Kamtsjatka-bere is – saam met Kodiakbere wat op die Amerikaanse deelstaat Alaska se Kodiak-argipel aangetref word – die grootste bere op aarde.

Die krai se hoofstad is genoem na die twee skepe, die Sint Pieter en Sint Paulus, waarmee die Deens-Russiese ontdekkingsreisiger Vitus Bering gedurende sy Groot Nordiese Ekspedisie in 1741 vir die eerste keer na Alaska geseil het. Kamtsjatka self is teen die middel van die 17de eeu deur Russiese Kosakke ontdek. Sedert 1697 maak die skiereiland deel uit van Rusland – veral danksy die strategiese ligging van Kamtsjatka en sy rykdom aan pelsdiere. In geopolitiese en militêr-strategiese opsig was Kamtsjatka vanweë sy status as grensstreek, wat beveilig moes word, en sy vlootbasis van groot belang vir sowel die keiserryk asook die Sowjetunie.

  1. "airrussia.us – Destinations: Anchorage. Besoek op 29 Maart 2020". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 4 Augustus 2020. Besoek op 29 Maart 2020.
  2. Andreas von Heßberg: Kamtschatka entdecken. Zu den Bären und Vulkanen im Nordosten Sibiriens. Berlin: Trescher 2006, bl. 15

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne