Kubisme

Kubistiese Kafee en Museum in Praag

Kubisme word gewoonlik beskou as die belangrikste en invloedrykste kunsbeweging sedert die Italiaanse renaissance. Dit was 'n avant-garde kunsbeweging wat skilderkuns en beeldhoukuns tydens die vroeë 20ste eeu in Europa gerewolusioneer het.

In Kubistiese kunswerke word voorwerpe opgebreek, ontleed en dan weer saamgestel in 'n abstrakte uitbeelding. In plaas daarvan om voorwerpe slegs van een vaste hoek te beskou, word die voorwerp van veelvoudige hoeke beskou en poog die kunstenaar dan om die onderwerp op so 'n manier te verbeel dat die mees volledige resultaat verkry word. Dikwels sny die vlakke en fasette mekaar teen hoeke op so 'n manier, dat geen herkenbare diepte getoon word nie. Die vlakke van die voorwerp in die agtergrond deurdring mekaar en skep in die proses 'n dubbelsinnige vlak ruimte wat kenmerkend is van kubisme. Die resultaat word beskryf as 'n volledige en duidelik omlynde skoonheid.


From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne