Maliryk

Die Maliryk (ook Koninkryk Mali) was 'n Islamitiese ryk van die Mandinka wat bestaan het van die veertiende tot die sestiende eeu. Dit is gestig deur Sundjata Keïta en was bekend vir die vrygewigheid en rykdom van sy latere koning, Kouta Moussa, maar ook vir die fabelagtige rykdom van die hoofstad Timboektoe.

Die Maliryk het sy grootste welvaart in die veertiende eeu ervaar en het van die Sahara tot by die oerwoud en van die Atlantiese Oseaan tot by die Nigerrivier uitgebrei. Dit het die huidige Mali, Senegal, Gambië, Guinee en Mauritanië ingesluit. Alhoewel die Maliryk en toe die Songhairyk daarin geslaag het om omvanryke rykdom op te bou, was hulle uiteindelik nie in staat om eenheid te behou nie. Die belangrikste beperkings was die gebrek aan goeie waterweë en pakdiere, 'n onherbergsame landskap en 'n uitdagende klimaat. Slawehandel met Noord-Afrika en later Amerika het 'n belangrike bron van inkomste geword wat die groei van die bevolking en die landbou belemmer het.


From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne