Meiose

Voor meiose (tydens die interfase) word die DNS van elke chromosoom gerepliseer en homoloë chromosome ruil genetiese inligting uit (chromosomale oorkruising). Daarna vind die eerste verdeling, meiose I, plaas. Die dogterselle verdeel weer in meiose II om haploïede gamete te vorm. Manlike en vroulike gamete versmelt tydens bevrugting en vorm ’n diploïede sel met ’n volle stel chromosome.

Meiose of reduksiedeling[1] is ’n gespesialiseerde manier van selverdeling wat die getal chromosome halveer. Dié proses vind plaas in alle geslagtelik voortplantende eukariote (beide een- en meersellig), insluitend diere, plante en swamme.[2][3]

  1. Ensiklopedie van die Wêreld, Deel 7. 1971. N.V. Uitgeversmaatskappij, Amsterdam, Nederland.
  2. Letunic, I; Bork, P (2006). "Interactive Tree of Life" (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 20 Mei 2020. Besoek op 23 Julie 2011.
  3. Bernstein H, Bernstein C, Michod RE (2011). “Meiosis as an evolutionary adaptation for DNA repair.” In “DNA Repair”, Intech Publ (Inna Kruman, red.), Hoofstuk 19: 357-382 DOI: 10.5772/1751 ISBN 978-953-307-697-3

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne