Menes

Menes
Farao
Voorganger
Opvolger Hor-Aha?
Menes in Egiptiese hiërogliewe
Nebty-naam
G16
<1
Y5
N35
M17
2>
Portaal  Portaalicoon   Antieke Egipte

Menes (Egipties: Mnj, waarskynlik uitgespreek maˈnij;[1] Grieks: Μήνης; Arabies: مينا) was ’n farao van die Vroegdinastiese Tydperk van Antieke Egipte. Hy kry gewoonlik die eer dat hy Bo- en Benede-Egipte verenig het en as die stigter van die 1ste Dinastie.[2]

Daar word steeds druk gedebatteer oor die identiteit van Menes, hoewel die meeste Egiptoloë reken hy was die protodinastiese farao Narmer[3][4][5] of die 1ste-dinastiese Hor-Aha.[6] Albei farao's word in verskillende bronne genoem as die koning wat Antieke Egipte verenig het.

Die algemeen gebruikte naam "Menes" kom uit die pen van die Egiptiese historikus Manetho, wat tydens die Ptolemeïese Ryk geleef het. Hy het die vorm Μήνης (Mênês) gebruik. Menes beteken "hy wat volhard" en Edwards (1971) glo dit was dalk ’n bloot beskrywende titel "vir ’n semi-legendariese held wie se naam verlore gegaan het".[7]

  1. Loprieno, Antonio (1995). Ancient Egyptian: A linguistic introduction. Cambridge University press. ISBN 0-521-44384-9. {{cite book}}: Ongeldige |ref=harv (hulp)
  2. Beck, Roger B; Black, Linda; Krieger, Larry S; Naylor, Phillip C; Shabaka, Dahia Ibo (1999), World history: Patterns of interaction, Evanston, IL: McDougal Littell, ISBN 0-395-87274-X
  3. Edwards, IES (1971), "The early dynastic period in Egypt", The Cambridge Ancient History 1, Cambridge: Cambridge University Press
  4. Lloyd, Alan B. ([1975] 1994), Herodotus: Book II, Leiden: EJ Brill, ISBN 90-04-04179-6
  5. Cervelló-Autuori, Josep (2000), "Narmer, Menes and the seals from Abydos", Egyptology at the dawn of the twenty-first century: proceedings of the Eighth International Congress of Egyptologists 2, Cairo: The American University in Cairo Press, ISBN 978-977-424-714-9
  6. Seidlmayer, Stephan (2010) [2004], "The Rise of the State to the Second Dynasty", Egypt: The World of the Pharaohs, ISBN 978-3-8331-6000-4
  7. Edwards, IES (1971), "The early dynastic period in Egypt", The Cambridge Ancient History 1, Cambridge: Cambridge University Press

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne