In die metafilosofie (vanuit die Griekse meta μετά wat "na", "agter" en "self" beteken+ filosofie φιλοσοφία of "liefde vir wysheid") bestudeer filosowe die onderwerp, metodes en doelstellings van die filosofie. Dus 'n filosofie van die filosofie.[1]
Die belangrikste vraag wat deur metafilosowe gestel word, is: "Wat is filosofie?" Deur hierdie selfrefleksie hoop hulle om waardevolle antwoorde te vind om hul veld beter te definieer. Dit is ook die taak van metafilosofie om te probeer om die hele bestaande filosofiese rigtings en dissiplines vanuit 'n oorkoepelende objektiewe perspektief te beskou.
Vrae wat tipies van metafilosofie is sluit in: