Onderwys

Skoolmeisies sit in 'n klas onder 'n boom se skaduwee in Bamozai, Afghanistan.

Onderwys omsluit die onderrig en aanleer van spesifieke vaardighede asook ander minder tasbare maar moontlik meer ingrypend die oordrag van kennis, positiewe oordeel en goed ontwikkelde wysheid. Een van die grondliggende aspekte van onderwys is die oordrag van kultuur van geslag tot geslag. Onderwys fasiliteer die verwesenliking van selfpotensiaal en verborge talente van 'n indiwidu. Dit is 'n toepassing van pedagogie, 'n vak wat betrekking het op die teoretiese- en toegepaste navorsing wat verband hou met leer en onderrig en staatmaak op ander dissiplines soos sielkunde, filosofie, rekenaarwetenskap, taalkunde, sosiologie en antropologie.[1]

  1. "'n Oorsig van onderwys". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 30 Junie 2017. Besoek op 29 Julie 2007.

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne