Paris

Prins Paris met appel, deur H.W. Bissen, Ny Carlsberg Glyptotek, Kopenhagen.

Paris, ook bekend as Alexander (Grieks: Ἀλέξανδρος, Aléxandros),[1] die seun van koning Priamos en koningin Hekuba van Troje, kom in ’n paar Griekse legendes voor.

Hiervan is seker die bekendste sy weglopery met Helena, die koningin van Sparta, wat een van die oorsake van die Trojaanse Oorlog was. Later in die oorlog maak hy Achilles met ’n pyl in die hak (of hiel) dood, nes Achilles se ma, Tetis, voorspel het.

Die naam "Paris" is moontlik van Luwiese afkoms en kan vergelyk word met "Pari-zitis", soos in die naam van ’n Hetitiese skriba.[2]

  1. Of Alaksandu van Wilusa.
  2. E. Laroche, Les noms des Hittites (Paris: 1966), 325, 364; aangehaal in Calvert Watkins, “The Language of the Trojans”, Troy and the Trojan War: A Symposium Held at Bryn Mawr College, October 1984, red. Machteld Johanna Mellink (Bryn Mawr, Penn: Bryn Mawr Commentaries, 1986), 57.

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne