Poseidonios

Poseidonios
Borsbeeld in die Nasionale Argeologiese Museum, Napels

Gebore ca. 135 v.C.
Apamea
Oorlede ca. 51 v.C.
Rhodos of Rome
Nasionaliteit Antieke Griekeland
Vakgebied Sterrekunde, aardrykskunde, geskiedenis, wiskunde, weerkunde, filosofie, fisika
Beïnvloed deur Panaetios
Invloed op Cicero, Kleomedes, Diodorus Siculus, Jason van Nysa, Livius, Plutarchus, Lucius Annaeus Seneca, Strabo

Poseidonios (Grieks: Ποσειδώνιος, menend "van Poseidon") "van Apameia" (ὁ Ἀπαμεύς) of "van Rhodos" (ὁ Ῥόδιος) (c. 135 v.C. - 51 v.C.), was 'n Griekse[1] stoïsynse[2] filosoof, politikus, sterrekundige, geograaf, geskiedkundige en onderwyser, oorspronklik van Apamea, Sirië.[3] Hy word aangeslaan as die grootste alomgeleerde van sy era. Geen deel van sy besonder omvangryke opus kan vandag in geheel gelees word nie, aangesien dit net in fragmente behoue gebly het.

  1. George Sarton (1936). "The Unity and Diversity of the Mediterranean World", Osiris 2, p. 406-463 [430].
  2. Encyclopaedia Britannica "Griekse filosoof, beskou as die mees geleerde man van sy tyd en, moontlik, van die hele Stoïsynse skool."
  3. Posidonius, Encyclopædia Britannica, 11de uitgawe.

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne