Protagoras

Protagoras
Demokritos (middel) en Protagoras (regs)
17de eeuse skildery deur Salvator Rosa
in die Musée de l'Ermitage

Gebore ca. 490 v.C.
Abdera
Oorlede ca. 420 v.C.
Nasionaliteit Antieke Griekeland
Vakgebied taal, semantiek, relatiwisme, retoriek, agnostisisme, etiek
Beïnvloed deur Demokritos, Parmenides
Invloed op Plato, Jeremy Bentham, Friedrich Nietzsche, F.C.S. Schiller

Protagoras (Grieks: Πρωταγόρας) (ca. 490 v.C. – 420 v.C.)[1] was 'n pre-sokratiese Griekse filosoof en word onder die sofiste getel deur Plato. In sy dialoog Protagoras, skryf Plato aan hom die opstelling van die rol van die professionele sofis toe, oftewel die leraar insake deugsaamheid. Daar word verder geglo dat hy vir 'n opsienbare omstredenheid van antieke tye gesorg het, danksy sy stelling dat die mens die maatstaf sou wees vir alle dinge. Hierdie idee was baie rewolusionêr in sy tyd en strydig met ander filosofiese leringe waarvolgens die heelal op iets objektief, en buite die menslike invloedsfeer, sou berus.

  1. Guthrie, p. 262–263.

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne