Skarabee

'n Skarabee met 'n inskripsie vir die farao van Bo- en Benede-Egipte Maätkare (Hatsjepsoet), omstreeks 1479-'58 v.C., Metropolitan-kunsmuseum, New York, VSA.

Skarabeë of skarabees (enkelvoud: skarabee)[1][2] is kewervormige amulette en afdrukseëls wat baie gewild was in antieke Egipte. Hulle kom vandag nog in groot getalle voor. Dansky hulle inskripsies is hulle 'n belangrike bron van inligting vir argeoloë en historici van die antieke wêreld. Dit maak 'n groot deel van antieke Egiptiese kuns uit.

  1. "Skarabee" in die HAT en WAT. Aanlyn by viva-afrikaans.org (intekening nodig). Besoek op 13 Oktober 2023.
  2. "Skarabee" in die AWS aanlyn by viva-afrikaans.org (intekening nodig). Besoek op 13 Oktober 2023.

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne