Stereoskopie

Twee stereoskopiese beelde wat gekombineer is nadat die een rooi en die ander sian gekleur is. Dit kan in 3D gesien word met behulp van ’n eenvoudige 3D-bril. Dié soort beeld word ’n anaglief genoem.

Stereoskopie of stereoafbeelding is ’n tegniek vir die skepping of verbetering van die illusie van diepte in ’n beeld vir binokulêre visie sodat dit driedimensioneel gesien kan word.[1] Die woord stereoskopie kom van die Griekse στερεός stereos, "ferm" of "solied", en σκοπέω skopeō, om te "kyk" of "sien".[2][3] Enige stereoskopiese beeld word ’n stereogram genoem. Die term "stereogram" het oorspronklik verwys na twee stereobeelde wat met ’n stereoskoop besigtig kon word.

Die meeste stereoskopiese metodes behels twee beelde wat nie presies oplyn nie, een vir die kyker se linkeroog en die ander vir sy regteroog. Die twee tweedimensionele beelde word dan in die brein gekombineer om die illusie van drie dimensies te skep. Dit verskil van 3D-beelde, wat in drie volle dimensies vertoon word, omdat die kyker toegelaat word om meer inligting oor die driedimensionele voorwerpe te kry met behulp van kop- en oogbewegings.

  1. The Logical Approach to Seeing 3D Pictures. www.vision3d.com by Optometrists Network. Besoek op 2009-08-21
  2. στερεός Tufts.edu, Henry George Liddell, Robert Scott, A Greek-English Lexicon, by Perseus Digital Library
  3. σκοπέω, Henry George Liddell, Robert Scott, A Greek-English Lexicon, by Perseus Digital Library

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne