Stiersprong

’n Moderne stiersprong.
Die Stierspringer, ’n ivoorbeeldjie uit die paleis van Knossos in Kreta (1500 v.C.).
Minoïese beskawing, Kreta (1550-1450 v.C.).

’n Stiersprong (Grieks: ταυροκαθάψια, taurokathapsia) is ’n bekende motief in die figuratiewe kuns van die Middel-Bronstydperk, byvoorbeeld in die Minoïese beskawing op Kreta. Dit is ook aangetref in die ryk van die Hetiete in Anatolië, die Levant en die Indusvalleibeskawing. Dit word dikwels beskou as die uitbeelding van ’n ritueel in verband met die verering van die bul, soos dit al in Antieke Egipte voorgekom het.

Vandag is dit steeds ’n sportsoort in die suide van Frankryk, waar ’n atletiese persoon ’n akrobatiese sprong oor ’n aanvallende bul (of koei) uitvoer. In dele van Spanje word selfs ’n lang paal gebruik om oor ’n bul paal te spring.


From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne