Toponimie

Toponimie (van die Griekse τόπος tópos, "plek", en ὄνομα onoma, "naam") is 'n ander naam vir pleknaamkunde, dus die studie van plek- of geografiese name, hulle oorsprong, betekenis en gebruik.[1] Toponimie is 'n tak van naamkunde, waarin alle soorte eiename bestudeer word.[2] Toponimie is 'n wetenskap wat hoofsaaklik tot diens is van argeologie en historiese geografie.

Iemand wat toponieme, of plekname, bestudeer, word 'n pleknaamkundige genoem.

  1. Ormeling Sr., F. J. (16–18 Oktober 1989). "Terms used in geographical names standardization". In Tichelaar, T. R. (red.). Proceedings of the Workshop on Toponymy held in Cipanas, Indonesia. Cibinong: Bakosurtanal.
  2. Tent, Jan (2015). "Approaches to Research in Toponymy". Names. 63 (2): 65–74. doi:10.1179/0027773814Z.000000000103. S2CID 144115142.

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne