Windhoek

Windhoek • Windhuk
OtjomuiseǀAi-ǁGams

Kaart Wapen
Vlag
 Land Vlag van Namibië Namibië
 Streek Khomas
 Koördinate 22°56′S 17°09′O / 22.933°S 17.150°O / -22.933; 17.150
 Gestig op 18 Oktober 1890
 Oppervlakte:  
 - Totaal 645 km²
 Hoogte bo seevlak 1 650 m
 Bevolking:  
 - Totaal (2011) 322 500
 - Bevolkingsdigtheid 356,6/km²
 Tydsone SAST (UTC+2)
 Klimaat  
 - Tipe Woestynklimaat
 - Gemiddelde jaarlikse temperatuur 19,2 °C
 - Gem. temp. Januarie/Julie 23,3 / 13,1 °C
 - Gemiddelde jaarlikse neerslae 367,4 mm
 Burgemeester Job Amupanda
(AR)
 Amptelike Webwerf Windhoek

Windhoek (Duits: Windhuk, ; Engels: Windhoek, [wɪndhʊk]; Herero: Otjomuise, letterlik: "plek van stoom"; Nama: ǀAi-ǁGams) is die sentraalgeleë hoofstad van Namibië en lê in die Khomashoogland. Die stad is ongeveer 1 700 m bo seespieël en volgens die 2001-sensus het dit 'n bevolking van 233 529 gehad. 'n Invloei van mense van oral in Namibië laat navorsers raam dat daar teen 2011 sowat 322 500 mense in Windhoek gewoon het.[1]

Weens die stad se relatiewe grootte[2] is Windhoek in alle opsigte die sosiale, ekonomiese en kulturele sentrum van die land. Feitlik elke nasionale onderneming se hoofkantoor, die Universiteit van Namibië, asook die land se enigste teater en alle groot media en finansiële liggame is hier gesetel.[3] Die Stad Windhoek se begroting is naastenby gelyk aan al die ander Namibiese plaaslike owerhede saam.[4]

  1. (en) World Gazetteer: Namibia
  2. Die tweede grootste stad in Namibië, Walvisbaai, het 43 700 inwoners: "ELECTIONS 2010: Erongo regional profile" (in Engels). New Era. 16 November 2010. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 6 September 2012. Besoek op 11 April 2011.
  3. Kapitako, Alvine (12 November 2010). "ELECTIONS 2010: Khomas Region profile". New Era (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 5 Desember 2012. Besoek op 11 April 2011.
  4. Heita, Desie (11 Februarie 2010). "Owning a house … a dream deferred". New Era (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 16 Julie 2011. Besoek op 11 April 2011.

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne