Wolf

Hierdie bladsy handel oor die dier wat die Noordelike Halfrond bewandel. Vir die Suider-Afrikaanse dier, sien strandwolf.

Wolf
Tydperk: Middel-Pleistoseen–Onlangs
Eurasiese wolf (Canis lupus lupus) by Kolmården, Swede
Wetenskaplike klassifikasie
Koninkryk:
Filum:
Klas:
Orde:
Familie:
Subfamilie:
Tribus:
Genus:
Canis
Spesie:
C. lupus
Binomiale naam
Canis lupus
Subspesies

39 subspesies, sien teks

Verspreidingskaart van die wolf. Groen, huidige grondgebied; rooi, voormalige grondgebied.

Die wolf (IPA: ♂: 'vɔlf ♀: 'vɔlfən) (Canis lupus) (meervoud: wolwe; vroulike enkelvoud: wolvin; vroulike meervoud: wolvinne) is 'n soogdier wat soortgelyk is aan sekere hondesoorte omdat wolwe sowel as honde tot die canidae-familie behoort. Wolwe lewe meestal in groepe, waarin hulle weer familie-eenhede het. Dit is die grootste hondagtige roofdier van die familie Canidae wat in die natuur voorkom. Hoewel die wolf vroeër talryk was in Noord-Amerika en Eurasië, kom hy nou binne ’n kleiner gedeelte van sy voormalige grondgebied voor weens die wydverspreide habitatvernietiging, die mens se indringing van sy habitat, asook die gevolglike wolf-tot-mens skermutselings, wat op verdelging uitloop. Tog word die wolf, alles in ag genome, volgens die Internasionale Unie vir die Bewaring van die Natuur beskou as ’n diersoort wie se uitsterwing ons die minste oor bekommerd hoef te wees. Wolwe word vandag in sommige gebiede beskerm, vir ontspanning gejag, of staar uitwissing in die gesig, as gevolg van ’n toegedigte bedreiging vir die mens, vee en troeteldiere.

Wolwe is sosiale roofdiere waarvan die troppe soos kerngesinne funksioneer: dit bestaan uit ’n wolfpaar, wat alleenreg oor voedsel en voortplanting handhaaf, hul biologiese afstammelinge en soms ook aangenome ondergeskiktes. Die leiers van hierdie groepe staan bekend as die alfamannetjie en alfawyfie. Hoefdiere word hoofsaaklik gejag deur die prooi oor kort afstande moeg te hardloop. Wolwe is in hul tuisgebied tipiese roofdiere wat heel bo-aan die voedselketting geleë is, met slegs mense en tiere wat ’n beduidende bedreiging vir hulle inhou.

DNS-volgordebepaling- en genetiese drywingtoetse bevestig dat die wolf ’n gemeenskaplike voorouer met die hond deel. ’n Etlike aantal ander wolfsubspesies is al aangeteken, hoewel die werklike getal subspesies steeds onbepaald is.

In streke waar beide die mens en wolf woonagtig is (oftewel simpatries leef), sal die wolf dikwels in die volksverhale en godeleer van die betrokke menslike kultuurgroep teenwoordig wees en as beide positief en negatief uitgebeeld word.

  1. Mech, L.D. & Boitani, L. (IUCN SSC Wolf Specialist Group) (2008). Canis lupus. 2008 IUBN Rooi Lys van bedreigde spesies. Internasionale Unie vir die Bewaring van die Natuur 2008. Verkry op 22 Maart 2009. Database entry includes justification for why this species is of least concern.
  2. Macdonald, David; Sillero-Zubiri, Claudio (2004). The Biology and Conservation of Wild Canids. Oxford: Oxford University Press. pp. 45–46. ISBN 0-19-851556-1.
  3. Linnæus, Carl (1758). Systema naturæ per regna tria naturæ, secundum classes, ordines, genera, species, cum characteribus, differentiis, synonymis, locis. Tomus I (in Latyn) (10 uitg.). Holmiæ (Stockholm): Laurentius Salvius. pp. 39–40. Besoek op 23 November 2012.

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne