Zabaikalski-krai

Zabaikalski-krai
Забайкальский край
Die ligging van Zabaikalski-krai in Rusland.
Die ligging van Zabaikalski-krai in Rusland.
Politieke status
Land Russiese Federasie
Federale distrik Siberiese
Ekonomiese streek Oos-Siberiese
Stigting 1 Maart 2008
Regering
Hoofstad Tsjita
Leier Konstantin Ilkofski
Amp Goewerneur
Wetgewer Wetgewende Raad
Bevolking
Sensus 2010
Totaal 1 107 107
Volgorde 47ste
Digtheid 2,57/km2
Stedelik 65,9%
Plattelands 34,1%
Statistiek
Oppervlakte 431 500 km2
Volgorde 10de
Tydsone UTC+10:00
Registrasienommer 91
Amptelike tale Russies
Webtuiste http://www.e-zab.ru
Wapen en vlag

Portaal  Portaalicoon   Rusland

Zabaikalski-krai (Russies: Забайкальский край) is genoem na die geografiese gebied Transbaikal ("agter die Baikal") en is sedert 1 Maart 2008 ’n krai van Rusland. Dit het ontstaan deur die samesmelting van die Tsjita-oblast en die Agin-Boerjatiese Outonome Okroeg nadat ’n referendum daaroor op 11 Maart 2007 gehou is. Meer as 90% van die inwoners het daarvoor gestem.

Volgens die sensus van 2010[1] het die gebied 1 107 107 inwoners, waarvan Russe 89,9%, uitmaak, Boerjate 6,8% en Oekraïners 0,6%.

Daar is reeds planne om die nuwe gebied later te laat saamsmelt met die outonome republiek Boerjatië en die saamgevoegde Irkoetsk-oblast om die Baikal-krai te vorm.

Rawil Geniatoelin, goewerneur van die Tsjita-oblast, is op 5 Februarie 2008 verkies tot goewerneur van Zabaikalski-krai deur die meerderheid van doema-afgevaardigdes van Tsjita en Agin-Boerjatië. Hy is sedert 1 Maart 2008 in die amp.[2]

  1. Verwysingfout: Invalid <ref> tag; no text was provided for refs named Sensus
  2. На административной карте РФ появился новый субъект федерации - Забайкальский край. Artikel van Itar-Tass.com (ru)

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne