Anna Neethling-Pohl

Nota: Moet nie verwar word met Anna Elizabeth Pohl ('n sangeres) nie.
Anna Neethling-Pohl
Anna Neethling-Pohl as Lady Macbeth
Anna Neethling-Pohl as Lady Macbeth en André Huguenet as Macbeth. Dit is in Johannesburg op die planke gebring onder regie van Gwen Ffrancon-Davies.

Geboortenaam Anna Servasina Pohl
Geboorte 24 Desember 1906
Graaff-Reinet
Sterfte 14 Augustus 1992 (op 85)
Bloemfontein
Nasionaliteit Suid-Afrikaner
Beroep(e) Aktrise
Toekennings Langenhoven-prys (1926)
Vaderland-prys (1937)
Erepenning vir Toneelkuns (1948)
Internet-rolprentdatabasis-profiel
Gert van den Bergh, Paula Styger, Pierre de Wet en Anna Neethling-Pohl in 'n toneel uit Sita se Die Goeie ou tyd (1944).

Anna Neethling-Pohl (gebore Anna Servasina Pohl; 24 Desember 1906 – 14 Augustus 1992) was 'n Afrikaanse aktrise en skrywer wat op die verhoog en in rolprente opgetree het. Sy lewer ook skryfwerk onder die skuilname A.P. Niehaus en Wynand du Preez. Saam met W.A. de Klerk skryf sy die briefroman Van Willem en San onder die skuilnaam Anna Heymans. Sy het in meer as 50 verhoogproduksies en hoofrolle opgetree, en sewe van Shakespeare se dramas in Afrikaans vertaal. Sy het ook verskeie romans gepubliseer waarvoor sy die Langenhoven-prys in 1926 en die Vaderland-prys in 1937 ontvang het. In 1948 ontvang sy 'n Erepenning vir Toneelspel van die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns.[1][2]

  1. Anna Neethling-Pohl se profiel op ESAT, besoek op 13 Desember 2012
  2. Anna Neethling-Pohl: enkele hoogtepunte Geargiveer 5 September 2012 op Wayback Machine, Beeld, 3 September 2012

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne