Benguela (musiekgroep)

Benguela
OorsprongSuid-Afrika
GenresPost-rock, improv, ambience
InstrumenteKitaar, trommestel, kontrabas
LedeAlex Bozas
Ross Campbell
Brydon Bolton

Luafout in Module:Check_for_unknown_parameters op reël 93: attempt to call field '_warning' (a nil value)

Benguela is 'n Suid-Afrikaanse musiekgroep wat in 1996 tot stand gekom het. Die groep bestaan uit kitaarspeler Alex Bozas, tromspeler Ross Campbell en kontrabasspeler Brydon Bolton en is bekend vir hul regstreekse improvisering. Die groep verafstand hulself van die jazz-etiket, aangesien hulle glo jazz 'n vasgestelde stel reëls het waarbinne kunstenaars improviseer, terwyl Benguela improviseer en regstreeks in sy eie vorm en genre ewolueer. Volgens die groep verander hul musiek na aanleiding van hul ontdekking van nuwe musiek of belewing van nuwe gebeurtenisse, en die verandering van hul lewensperspektief. Dus meen hulle is hul musiek altyd 'n oombliklike weerspieëling van wie hulle is.

Die naam "Benguela" word gekoppel aan die koue seestroom wat aan die westekus van suidelike Afrika opvloei en simboliseer die vloeiende aard van die musiek. Dit is ook geografies verteenwoordigend van waar die groep vandaan kom.


From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne