Brasiliaanse nasionale rugbyspan

Brasilië
Unie Brasiliaanse Rugbykonfederasie (CBRu)
Bynaam(e) Os Tupis (“die Tupi’s”)
Embleem Tupí-hoofman
Stadion Pacaembu-stadion, São Paulo
Kapasiteit 40 199
Afrigter(s) Vlag van Uruguay Emiliano Caffera (sedert 2023)
Kaptein(s) Felipe Sancery
Spankleure


Alt. kleure

Statistiek
Meeste toetse Moisés Duque (60)[1]
Meeste toetspunte Moisés Duque (293)[2]
Meeste drieë Moisés Duque (15)[3]
Eerste internasionale wedstryd
Vlag van Uruguay Uruguay 8–6 Brasilië Vlag van Brasilië
(Montevideo, Uruguay; 9 September 1950)
Grootste oorwinning
Vlag van Costa Rica Costa Rica 0–95 Brasilië Vlag van Brasilië
(Lima, Peru; 16 Oktober 2006)
Grootste nederlaag
Vlag van Argentinië Argentinië 114–3 Brasilië Vlag van Brasilië
(San Pablo, Brasilië; 2 Oktober 1993)
Vlag van Argentinië Argentinië 111–0 Brasilië Vlag van Brasilië
(Santiago de Chile, Chili; 23 Mei 2012)
Amptelike webwerf
ww2.brasilrugby.com.br

Die Brasiliaanse nasionale rugbyspan (Portugees: Seleção Brasileira de Rugby Union) is die nasionale rugbyspan wat Brasilië in internasionale wedstryde (toetswedstryde) verteenwoordig. Hulle dra die bynaam Os Tupis (“die Tupi’s”) na die gelyknamige inheemse volk.[4] Rugby word in Brasilië geadministreer deur die Brasiliaanse Rugbykonfederasie (Confederação Brasiliera de Rugby, CBRu) wat in 1963 gestig is. Brasilië word as die sesde beste rugbyspan in die Amerikas beskou (ná Argentinië, die Verenigde State, Kanada, Uruguay en Chili) en deur Wêreldrugby as ’n vlak drie-span erken. Die Brasiliaanse rugbyspan is tans (April 2024) 29ste op Wêreldrugby se wêreldranglys gelys.[5]

Rugby in Brasilië het ’n lang geskiedenis wat na die laat 19de eeu terugdateer toe Britse immigrante die spel na die stedelike hawens van Brasilië geneem het. Ten spyte van Brasilië se sukses met sokker was die land nog altyd een van die swakker spanne in die Amerikas met veel minder om op te roem as die spanne van Argentinië, Uruguay en Chili. Brasilië is een van die stigterslede van CONSUR, nou bekend as Suid-Amerika Rugby, en het aan die inougurele Suid-Amerikaanse toernooi in 1951 deelgeneem. Brasilië kon nog nie vir ’n rugbywêreldbekertoernooi kwalifiseer nie, maar die sewesspan het in 2016 aan die sewestoernooi tydens die Olimpiese Spele deelgeneem.

In die 21ste eeu is pogings aangewend om die sport in Brasilië te laat opleef. Brasilië is met die toevoeging van sewesrugby tot die Olimpiese kalender genooi om aan die Wêreldrugby Sewesreeks deel te neem met goeie vordering in die mans- en damesreekse. In 2016 het ’n vergadering tussen die unies van Argentinië, Brasilië, Chili, Kanada, Uruguay en die Verenigde State die Amerikas Rugbykampioenskap begin as ’n toernooi soortgelyk aan die Sesnasies-toernooi en Die Rugbykampioenskap om sodoende gereelde toetsrugby aan die topspanne van die streek te bied. Ná drie taai wedstryde waarvan Brasilië twee byna gewen het, het hulle die Amerikaanse Arende met 24–23 gewen vir hulle eerste oorwinning in die toernooi, ’n eerste oorwinning oor die VSA én ’n eerste oorwinning oor ’n vlak twee-span. Daarna het Brasilië die spanne van België en Portugal geklop vir hulle eerste oorwinning oor Europese spanne; hulle het boonop ook ’n eerste historiese oorwinning oor ’n Argentynse XV behaal. Die oorwinning oor die Argentynse span, saam met oorwinnings teen Chili en Colombia het in 2018 aan Brasilië hulle eerste titel in die Suid-Amerikaanse Rugbykampioenskap besorg.

Gedurende 2015–2017 het die beheerliggaam vir rugby in Brasilië (CBRu) ’n prys ontvang vir die beste bestuur van alle plaaslike sportbestuursliggame.

  1. (en) "Most matches". ESPNscrum. Besoek op 2 April 2024.
  2. (en) "Most points". ESPNscrum. Besoek op 2 April 2024.
  3. (en) "Most tries". ESPNscrum. Besoek op 2 April 2024.
  4. (pt) "Tupi is die nuwe embleem van Brasiliaanse Nasionale Span". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 29 November 2014. Besoek op 29 November 2014.
  5. (en) "World Rankings". Wêreldrugby. Besoek op 2 April 2024.

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne