Caster Semenya

Semenya tydens die Olimpiese Spele van 2012 in Londen

Mokgadi Caster Semenya[1] OIB (* Ga-Masehlong, naby Polokwane, 7 Januarie 1991) is 'n Suid-Afrikaanse middelafstandatleet wat in die 800 m-item spesialiseer. Sy het in hierdie baanitem Suid-Afrikaanse en wêreldkampioen geword.

Op 6 Julie 2010 het die Internasionale Vereniging van Atletiekfederasies (IAAF) toestemming verleen dat sy weer teen vroueatlete mag deelneem, na uitgerekte spekulasie oor haar geslag.[2] Sy wen haar eerste wedloop na haar hertoetrede toe sy op 15 Julie 2010 gemaklik met 'n tyd van 2:04.22 by die Lappeenranta-spele in Finland wen.[3]

Tydens die Olimpiese Somerspele van 2012 wen sy 'n silwermedalje in die 800 m-wedloop (later deur die IOK opgegradeer na goud). Semenya het by die openingseremonie die Suid-Afrikaanse vlag gedra.[4]

Op 20 Augustus 2016 wen sy 'n goue medalje in die 800 m-wedloop by die Olimpiese Spele van 2016 in Rio de Janeiro, in 'n tyd van 1:55.28.[5]

  1. Geboortecertificaat op BBC News
  2. IAAF: Semenya mág as vrou deelneem Geargiveer 17 Julie 2010 op Wayback Machine, Nuus24, besoek op 13 Julie 2010.
  3. Semenya wen eerste wedloop Geargiveer 18 Julie 2010 op Wayback Machine, Nuus24, besoek op 15 Julie 2010.
  4. "Caster Semenya rightly chosen to bear South Africa's flag at opening ceremony" (in Engels). CBS Sports. 22 Julie 2012. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 3 Januarie 2014.
  5. "Rio Olympics: Caster Semenya Leaves No Doubt in 800" (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 8 Mei 2020.

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne