Ekonomie van Suid-Afrika

Ekonomie van Suid-Afrika
Gegewens verskaf deur Statistiek SA[1]. Internasionale Monetêre Fonds (IMF)[2] en Wêreldbank[3]
Geldeenheid 1 rand = 100 sent
Fiskale jaar 1 April31 Maart
Handelsorganisasies Wêreldhandelsorganisasie (WHO), Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap (SAOG), Suider-Afrikaanse Doeane-unie (SADU)
Statistieke
Bruto nasionale inkomste – geranglys 36ste (in 2022)
BBP (2020) $335 miljard (nominaal)
$792 miljard (KKP)
Groei van reële BBP (2020) -6.4%
Reële BBP per capita (2020) $ 5 673 (nominaal)
BBP volgens sektore (2020) Landbou, bosbou, seevisserye en mynbou (7.4%), vervaardiging (11.5%), elektrisiteit, water en gas (2.4%), boubedryf (2.6%), handel en toerisme (11.5%), vervoer en kommunikasie (7.4%), finansiële dienste (23.8%), openbare dienste (8.6%), persoonlike dienste (15.5%) en netto belasting (9.4%).
Bruto buitelandse valutareserwes $57.2 miljard (31 Januarie 2022)[4]
Inflasiekoers (verbruikersprysindeks) 5.7% (Januarie 2022)
Arbeidsmag 21.9 miljoen (September 2021)
Werkloosheid 34,9% (September 2021)
Hoofnywerhede Mynbou (platinum, goud, chroom, diamante), motorvervaardiging, metaalverwerking, masjienbou, tekstiele, yster, staal, chemiese nywerhede, kunsmis en voedselverwerking
Handelsvennote[5]
Uitvoere R1 818,8 miljard (2021)
Vyf grootste uitvoerbestemmings Volksrepubliek China 11%, Verenigde State 10,6%, Duitsland 8,5%, Japan 6,7% en Verenigde Koninkryk 6,6%
Invoere R1 379,8 miljard (2021)
Vyf grootste lande van oorsprong vir invoere Volksrepubliek China 21%, Duitsland 8,1%, Verenigde State 7%, Indië 5,7% en Saoedi-Arabië 4,4%.
Openbare finansies[6]
Internasionale skuldlas R844 miljard (Desember 2021)
Totale skuldlas R4 000 miljard (2022/2023 geskat)
Staatsinkomste R1 770 miljard (2022/2023 geskat)
Staatsuitgawes R2 157 miljard (2022/2023 geskat)

Die ekonomie van Suid-Afrika word as 'n ontwikkelende mark beskou. Dit is tans die wêreld se 39ste grootste ekonomie in terme van nominale bruto binnelandse produk (BBP) in dollars.[7] Volgens koopkragpariteit het die land die wêreld se 31ste grootste ekonomie.[8] Suid-Afrika se BBP per capita (in nominale dollars) lê 111ste op die lys van lande.[9] Die land se ekonomie word as die mees gevorderde in Afrika beskou, hoewel dit kleiner is as dié van Nigerië en Egipte.[10] Die Suid-Afrikaanse ekonomie is gediversifiseer en beskik oor die vasteland se grootste vervaardigingsektor, ʼn sterk mynbousektor, gevorderde finansiële dienste (wat onder meer Afrika se grootste handelsbank insluit), moderne infrastruktuur (soos lughawens, hawens en hoofweë) en is verantwoordelik vir die bykans die helfte van alle elektrisiteit wat in Afrika opgewek word. Die rand, Suid-Afrika se geldeenheid, was in 2019 (toe die laaste driejaarlikse opname gedoen is) die wêreld se 18de mees verhandelde geldeenheid – twee posisies hoër as in 2016.[11] Die grootste uitvoerbestemmings vir Suid-Afrikaanse produkte is China, die Verenigde State, Duitsland, Japan en die Verenigde Koninkryk.[5] Die vyf lande waarvan die meeste goedere na Suid-Afrika ingevoer word, is China, Duitsland, die Verenigde State, Indië en Saoedi-Arabië.[5] Suid Afrika is 'n lid van verskeie wêreldorganisasies wat handel en ekonomiese groei bevorder, insluitend die Internasionale Monetêre Fonds, die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap, die Wêreldhandelsorganisasie, die Afrika Vasteland Vryhandelsooreenkoms, die Gemeenskaplike Monetêre Gebied (wat ook Namibië, Lesotho en Eswatini insluit), en die Suider-Afrikaanse Doeane-unie.

  1. Statistiek SA, Report: Gross domestic product, Third quarter 2021, 7 December 2021. http://www.statssa.gov.za/publications/P0441/P04413rdQuarter2021.pdf
  2. IMF. 2021 Article IV Consultation - Press Release; Staff Report; and Statement by the Executive Director for South Africa. 11 Februarie 2022. https://www.imf.org/en/countries/zaf?selectedfilters=Article%20IV%20Staff%20Reports#
  3. https://www.worldbank.org/en/country/southafrica
  4. SA Reserwebank. Monthly Release of Selected Data - No 396 February 2022. 3 Maart 2022. https://www.resbank.co.za/en/home/publications/monthly-releases
  5. 5,0 5,1 5,2 Suid-Afrikaanse Inkomstediens. Handelstatistieke. https://www.sars.gov.za/customs-and-excise/trade-statistics/
  6. Nasionale Tesourie. Budget Review 2022. http://www.treasury.gov.za/documents/national%20budget/2022/default.aspx
  7. Wêreldbank. 2020. https://data.worldbank.org/indicator/NY.GDP.MKTP.CD?most_recent_value_desc=true
  8. Wêreldbank. 2020. https://data.worldbank.org/indicator/NY.GDP.MKTP.PP.CD?most_recent_value_desc=true
  9. Wêreldbank. 2020. https://data.worldbank.org/indicator/NY.GDP.PCAP.CD?most_recent_value_desc=true
  10. Amerikaanse Departement van Buitelandse Sake. 2022. https://www.state.gov/u-s-relations-with-south-africa/
  11. https://www.businessinsider.co.za/rand-trading-has-increased-by-182-most-of-it-is-outside-south-africa-2020-1

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne