Foedji

Foedji
Berg Foedji teen dagbreek Berg Foedji teen dagbreek
Ligging Japan
Hoogte 3 776[1] meter bo seevlak
Koördinate 35°21′38″N 138°43′38″O / 35.36056°N 138.72722°O / 35.36056; 138.72722
Rotsouderdom 100 000 jaar
Laaste uitbarsting 1708
Eerste bestyging 663
Eerste bestyger(s) Deur 'n anonieme monnik
Ligging van Foedji op 'n kaart (Japan)
Foedji
Foedji
Ligging van Foedji in Japan

Foedji (富士山 Fuji-san?, IFA: [ɸɯʥisaɴ]) , is teen 3 776 m bo seevlak die hoogste berg in Japan. Dit is 'n dormante vulkaan wat in 1707–1708 laas uitgebars het. Dit is geleë op die grens van die Shizuoka en Yamanashi prefekture net wes van Tokio van waar dit op 'n helderlugdag gesien kan word. Dit is dus naby die Stille Oseaankus van sentrale Honsjoe geleë. Drie klein stede is om die berg geleë, naamlik: Gotemba (oos), Foedjijosjida (noord) en Foedjinomija (suidwes). Saam met die Japannese Alpe vorm Berg Foedji die belangrikste gebergtes van die Japanse Argipel.

Suidewind, blou hemel, blokdruk deur Katsushika Hokusai, 19de eeu

Berg Foedji se buitengewoon simmetriese keël is 'n bekende simbool van Japan wat dikwels in kuns en fotografie uitgebeeld word. Die berg is gewild onder toeriste en bergklimmers. Foedji behoort tot die Stille Oseaan se Ring van Vuur, vervolgens kan vulkaanuitbarstings en aardbewings hier gebeur.

Die berg is op 22 Junie 2013 deur Unesco as wêrelderfenisgebied gelys.

  1. (en) "Fuji-san, Japan". Peakbagger.com. Besoek op 29 April 2019.

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne