Heks

Die neutraliteit van hierdie artikel (of dele daarvan) word tans betwis.
Wikipedia se beleid is dat alle artikels vanuit ’n neutrale standpunt geskryf moet wees. Sien die besprekingsbladsy vir besonderhede of ons riglyne wat kan help om die artikel meer onpartydig te maak.
'n Heksetoneel (omtrent 1700)

Voor die kerstening van Germaanssprekende Europa het die Wicca’s of Haegtesse (Hekse) hoë aansien in die gemeenskap geniet. Alhoewel die Hekse of Wicca’s geliefde en gesiene persone was, was hulle ook omstrede. Die rede hiervoor is dat hulle beide wit- en swart magie beoefen het. Die doel van wit magie is om siektes te genees en mense te beskerm teen onheil (positiewe kragte). Die doel van swart magie is om teëstanders of opponente te na te kom (negatiewe kragte).

In die volksmand is onder die term heks altyd 'n vrou verstaan. Mans is as towenaars beskou. Volgens die ou Germaanse- en Keltiese geloof het “Heilige Vroue” gedien as skakel tussen die mens en die goderyk en hekse het in hierdie kategorie geval. Onder die term heks is ook verskillende groepe vroue verstaan, bekend as Wicca's, vroedvroue, Wyse Vroue, Witwywe, Seidkona's, Wolva's, Disas, Matrone en Gefjons. Hierdie vroue was die psigoloë, dokters, adviseurs, waarsêers, toekomsvoorspellers, ens., in die gemeenskap.

Met die koms van die Christendom na Europa (Suid-Europa vanaf 300 n.C.; Midde-Europa vanaf 700 n.C.; Noord-Europa vanaf 1000 tot 1100 n.C., en die Baltiese lande vanaf 1400 n.C.), vind ’n ommeswaai plaas. Hekse is nou nie meer die “gesiene” en “wyse vroue” van die gemeenskap nie, maar “duiwelsgebroed”. Aanvanklik is hulle nie altyd vervolg nie, maar tydens die middeleeue wel. Die term “heks” sou die betekenis begin kry van ’n “bose” en “duiwelse figuur”.

Hierdie betekenis van die woord waai later oor na Afrika. In Afrika word vandag onder die term “heks” (en “heksery”) bonatuurlike, maar veral negatiewe kragte verstaan, wat deur bepaalde mense gestuur en beheer word. Na raming is tenminste 200 mense sedert 1994 in Suid-Afrika as "hekse" vermoor.


From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne