Memnon

Memnon se vertrek na Troje, omstreeks 550-525 v.C. (Koninklike Museum van Kuns en Geskiedenis, Brussel, België).

Memnon (Grieks: Μέμνων) was in die Griekse mitologie ’n Ethiopiese koning en die seun van Titonos en Eos. As ’n vegter was hy amper in Achilles se klas. Tydens die Trojaanse Oorlog het hy ’n leër na Troje gebring en Antilochos in ’n woeste geveg doodgemaak. Die dood van Memnon is soortgelyk aan dié van Hektor, nog ’n verdediger van Troje wat Achilles doodgemaak het uit wraak vir die moord op Patroklos.

Ná Memnon se dood is Zeus geraak deur Eos se trane en het hy hom onsterflik gemaak. Memnon word in besonderhede gedek in die verlore epiese gedig Aitiopis, wat ná die Ilias geskryf is, omstreeks die 7de eeu v.C. Quintus van Smirna beskryf Memnon se dood in Posthomerika en Philostratos in Beelde.

Dictys Cretensis, ’n Griekse vegter in die Trojaanse Oorlog en die skrywer van ’n skynkroniek oor die oorlog, skryf: "Memnon, die seun van Titonos en Aurora, het gearriveer met ’n groot leër van Indiane en Ethiopiërs, ’n werklik merkwaardige leër wat bestaan het uit duisende en duisende manne met verskeie soorte wapens, en het die hoop en gebede van selfs Priamos oortref."[1][2]

  1. Dictys Cretensis, Trojan War Chronicle, 4.4
  2. Dictys Cretensis Book 4, vertaal deur R.M. Frazer

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne