Metsimaholo Plaaslike Munisipaliteit

Metsimaholo
Kaart van Suid-Afrika wat Metsimaholo in Vrystaat aandui
Provinsie Vrystaat
Distriksmunisipaliteit Fezile Dabi
Tipe Plaaslike Munisipaliteit
Munisipale kode FS204
Burgemeester Lindiwe Tshongwe (SAKP)
Hoofstad Sasolburg
Grootste tale Sotho, Afrikaans, Xhosa
Area 1 717 km²  
Bevolking 149,108 (2011)

Die Metsimaholo Plaaslike Munisipaliteit is een van die plaaslike munisipaliteite in die Fezile Dabi-distriksmunisipaliteit in die Vrystaat, Suid-Afrika. Ná die verkiesing van 3 Augustus 2016 het dit die eerste munisipale raad in die Vrystaat onder die nuwe bedeling geword wat nie deur die ANC beheer word nie nadat die ANC 19 van die setels gekry het, vergeleke met 'n koalisie, bestaande uit die DA (12), EFF (8), Metsimaholo Community Association (2) en VF+ (1), se 23.[1] Die ANC het in die verkiesing 45,17% van die stemme op hom verenig. [2]

Die munisipaliteit se naam beteken "groot water" in Sotho.

  1. (en) Change has come to Metsimaholo. URL besoek op 24 Augustus 2016.
  2. (en) Seat Calculation Details. URL besoek op 24 Augustus 2016.

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne