Nilo-Sahariese tale

Nilo-Sahariese tale
Geografiese
verspreiding:
Suid-Sentraal- en Oos-Afrika
Genetiese
klassifikasie
:
Nilo-Saharies
 Nilo-Sahariese tale
Onderafdelings:

Verspreiding van Nilo-Sahariese tale

Die Nilo-Sahariese tale is 'n taalfamilie wat uit omtrent 205 tale bestaan wat deur sowat 50–60 miljoen mense gepraat word. Hulle is oorwegend aan die boloop van die Shari- en Nylriviere (Wit Nyl) insluitende die historiese streek van Nubië versprei. Die Nilo-Sahariese tale word in 18 lande van Noord-Afrika vanaf Algerië en Mali in die noordweste oor Benin, Nigerië, Soedan, Suid-Soedan en die DR Kongo in die suide en vanaf Egipte in die noorde tot Kenia en Tanzanië in die ooste gepraat. Die grootste deel van die belangrikste sytak word in Soedan en Suid-Soedan aangetref.

Die Nilo-Sahariese tale word in geel aangedui

Die naam van dié taalfamilie is van sy verspreiding in die binneland van Noord-Afrika aan die grotere Nylbekken met sy syriviere en die Sentraal-Sahariese woestyn afgelei. Dit bevat hoofsaaklik die tale wat nie tot die Afro-Asiatiese, Khoisan- of Niger-Kongo-tale behoort nie en word nie deur al taalkundiges erken nie.

Van die grootste tale volgens moedertaalsprekers is Kanuri (7,9 miljoen), Luo (4,2 miljoen), Masai (1,6 miljoen), Dinka (1,4 miljoen) en Nuer (0,9 miljoen).


From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne