Sterkfontein

Fossiele Hominiedterreine in Suid-Afrika*
Unesco-wêrelderfenisterrein

Argeoloë in 'n struktuur bo die ingang tot die Sterkfonteingrotte.
Ligging van Sterkfontein op 'n kaart (Suid-Afrika)
Sterkfontein
Sterkfontein
Ligging van Sterkfontein in Suid-Afrika
Koördinate: 26°00′56″S 27°44′04″O / 26.01556°S 27.73444°O / -26.01556; 27.73444
Lande Vlag van Suid-Afrika Suid-Afrika
Tipe Kultureel
Kriteria iii, vi
Verwysings 915
Streek Afrika
Inskripsiegeskiedenis
Inskripsie 1999  (23ste Sessie)
* Naam soos dit in die Wêrelderfenislys verskyn.
Streek soos deur Unesco geklassifiseer.
In 'n geslote kluis (die "Broomkamer") in die kelder van die Ditsong Nasionale Natuurhistoriese Museum (voorheen die Transvaalmuseum) in Pretoria is die kopbeen van Mev. Ples, die eerste volwasse monster van Australopithecus africanus wat ontdek is. Dit is op 18 April 1947 deur dr. Robert Broom by die Sterkfonteingrotte gevind. Die naam Mev. Ples is afgelei van die oorspronklike naam wat aan die spesie gegee is: Plesianthropus — "byna-mens". Die ouderdom van die kop word op 2,5 miljoen jaar geskat. Australopithecus africanus het regop geloop en het 'n brein gehad wat omtrent so groot soos 'n moderne sjimpansee s'n is. Hierdie kopbeen is tot vandag nog een van die heelste gevonde kopbene van die spesie. Die openbare uitstalling in die museum is 'n vergiete replika van die fossiel wat hier gewys word.
Agter hierdie traliehek vind uitgrawings van Little Foot plaas.

Sterkfontein is 'n stel kalksteengrotte in die dolomietheuwels naby Krugersdorp, noordwes van Johannesburg, Gauteng (Suid-Afrika) wat veral vir paleontoloë en antropoloë van interessantheid is, aangesien dit die eerste plek is waar bewyse van 'n volwasse Australopithecus africanus gevind is.[1] Die argeologiese plekke Swartkrans en Kromdraai (en die Wondergrot in Kromdraai) is ook in hierdie area geleë. Menslike oorskot is oor die afgelope paar dekades in hierdie streek gevind. In 1999 is Sterkfontein as 'n wêrelderfenisgebied verklaar en die area waarin dit geleë is, is die Wieg van die Mensdom gedoop.

  1. "Sterkfontein", Microsoft® Encarta® 99-ensiklopedie. Microsoft-korporasie. 1993-1998

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne