Tempelridders

Orde van die Tempeliers
Die kruis van die Tempeliers
Die kruis van die Tempeliers
Die kruis van die Tempeliers
Gestig ca. 1119
Ontbind ca. 1312
Land Pous
Tipe Katolieke militêre orde
Spesialisasie Beskerming van pelgrims
Hoofkwartier Tempelberg, Jerusalem, Koninkryk Jerusalem
Leuse Non nobis, Domine, non nobis, sed Nomini tuo da gloriam (Latyn vir: "Nie aan ons, o Here, nie aan ons nie, maar aan u Naam gee eer")
Kleur      wit,      swart,      rooi
Veldslae Die Kruistogte, insluitende:
  • Slag van Asjkelon (1153)
  • Slag van Montgisard (1177)
  • Slag van Marj Ayyun (1179)
  • Slag van Hattin (1187)
  • Beleg van Akko (1190–1191)
  • Slag van Arsuf (1191)
  • Beleg van Al-Dāmūs (1210)
  • Slag van Legnica (1241)
  • Beleg van Akko (1291)
  • Reconquista

Die Orde van die Arme Ridders van Christus en die Tempel van Salomo, beter bekend as die Tempeliers of Tempelridders, is 'n Middeleeuse geestelike ridderorde wat tydens die kruistogte gestig is om pelgrims in die Heilige Land te beskerm. Die naam Tempeliers is afgelei van die Tempel van Salomo (Arabies: Haram asj-Sjarif, tans die Al-Aqsa-moskee op die Tempelberg), waarvan 'n vleuel deur die Christelike koning Boudewyn van Jerusalem aan die orde gegee is om as sy hoofkwartier te dien. Die orde bestaan ook na die einde van die Westerse heerskappy oor die gebied van Jerusalem voort.

Die seël van die Orde van die Tempeliers. Die twee ridders versinnebeeld waarskynlik die geestelike en militêre aspek van die orde

Kenmerkend van die orde is die versmelting van die ridderlike en kloosterlike sfeer. Die lede van die orde is tegelyk ridders én monnike, en hulle word dikwels ook Christus se strydmag (Latyn: milites Christi) genoem. Hulle geestelike reëls is aan Bernardus van Clairvaux se Cisterciënsers ontleen en met militêre reëls aangevul.

Die skilde van die Tempeliers het 'n swart-wit patroon met 'n rooi kruis op 'n wit agtergrond, 'n simbool wat versinnebeeld dat hulle die eed van armoede afgelê het. Die militêre ridderordes is egter ryke en magtige organisasies, wat gewoonlik onafhanklik is ten opsigte van wêreldse en kerklike owerhede. Die Tempeliers wek uiteindelik die afguns en hebsug van 'n aantal Europese heersers wat die orde laat ontbind en baie ridders op die brandstapel teregstel. Die orde bestaan daarna net in Portugal as die Orde van Jesus Christus voort. Een van die Portugese Grootmeesters, Hendrik die Seevaarder, gebruik sowat eenhonderd jaar later die bates van die Portugese orde ter finansiering van sy ontdekkingsreise.


From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne