Theropoda

Theropoda
Tydperk: Laat TriasHoloseen
231.4–0 m. jaar gelede
Herstelde skelet van
Eodromaeus murphi
Wetenskaplike klassifikasie
Koninkryk:
Filum:
Klas:
Superorde:
Orde:
Suborde:
Theropoda

(Marsh, 1881)
Subgroepe
Theropoda
Kladistiese klassifikasie
Koninkryk: Animalia
Filum: Chordata
Klade: Dinosauria
Klade: Eusaurischia
Klade: Theropoda
(Marsh, 1881)

Theropoda, of die teropodes (van die Grieks vir "diervoete"), is beide ’n suborde van tweevoetige Saurischia-dinosourusse en ’n klade wat bestaan uit dié suborde en sy afstammelinge (insluitende moderne voëls). Dinosourusse wat tot die suborde behoort het, was hoofsaaklik vleisvreters, hoewel ’n paar groepe ook plante en insekte gevreet het. Teropodes het tydens die Karnium-tydsnede van die Laat Trias-periode sowat 230 miljoen jaar gelede hul verskyning gemaak en sluit in al die karnivore op land van die Vroeë Jura- tot minstens die einde van die Kryt-periode sowat 66 miljoen jaar gelede. In die Jura het voëls ontwikkel uit klein Coelurosauria-teropodes, en hulle word vandag verteenwoordig deur 10 000 lewende spesies.

Van die eienskappe wat teropode-dinosourusse en voëls verbind, is ’n wensbeen, luggevulde bene, die broei van eiers en, minstens in Coelurosauria, vere.


From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne