Vlaminge

Vlaminge

Totale bevolking: ca. 7,3 miljoen
Belangrike bevolkings  in: Vlag van België België ~6,5 miljoen[1]

Vlag van Verenigde State van Amerika Verenigde State 389 171[2]
Vlag van Frankryk Frankryk 187  750[3]
Vlag van Kanada Kanada 12 430–168 910[4]
Vlag van Suid-Afrika Suid-Afrika 55 200[3]
Vlag van Australië Australië 15 130[3]
Vlag van Brasilië Brasilië 6 000[3]

Taal: Nederlands
Geloofsoortuiging: Hoofsaaklik Rooms-Katolieke Kerk of
ongebonde (AteïsmeAgnostisismeDeïsme)
Minderheid Protestantisme
Verwante etniese groepe: Ander Germaanse volke soos Afrikaners, Duitsers, Engelse, Friese en Nederlanders; Franse en Wale
Vlaandere

Die term Vlaminge word tans hoofsaaklik gebruik om na die inheemse bevolking van Vlaandere (die noordelike helfte van België, wat in historiese opsig deel uitgemaak het van die Suidelike Nederlande) te verwys. Die ses miljoen Vlaminge verteenwoordig die meerderheid van die Belgiese bevolking (die ander twee belangrike groepe is die Wale met sowat 4 miljoen mense en die Duitse gemeenskap met 73 000 inwoners).

Naas die bewoners van die Belgiese gewes Vlaandere sluit die term ook etniese Vlaminge in Frans-Vlaandere (veral in die huidige Franse département Nord), die suidelike deel van die Nederlandse provinsie Zeeland (Zeeuws-Vlaanderen) en ander Vlaamse gemeenskappe dwarsoor die wêreld in.

Frans-Vlaandere en Zeeuws-Vlaanderen het vroeër deel uitgemaak van die graafskap Vlaandere, wat sy naam aan die hele gewes verleen het, alhoewel 'n groot deel van die Belgiese Vlaandere tot ander gebiede soos die hertogdom Brabant behoort het. Die Vlaminge word soms as 'n deel van die Nederlandse volk of nou verwante etniese groep beskou.

  1. "Structuur van de bevolking – België / Brussels Hoofdstedelijk Gewest / Vlaams Gewest / Waals Gewest / De 25 bevolkingsrijke gemeenten (2000–2006)" (in Nederlands). Belgian Federal Government Service (ministry) of Economy – Directorate-general Statistics Belgium. 2007 [1998]. Geargiveer vanaf die oorspronklike (asp) op 29 April 2007. Besoek op 23 Mei 2007.
  2. (en) "Total Ancestry Reported". United States Census Bureau. 2012. Besoek op 21 April 2016.
  3. 3,0 3,1 3,2 3,3 "Vlamingen in de Wereld" (in Nederlands). Vlamingen in de Wereld, a foundation offering services for Flemish expatriates, with cooperation of the Flemish government. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 24 Maart 2012. Besoek op 1 Maart 2007.
  4. (en) "Ethnic Origin (264), Single and Multiple Ethnic Origin Responses (3), Generation Status (4), Age Groups (10) and Sex (3) for the Population in Private Households of Canada, Provinces, Territories, Census Metropolitan Areas and Census Agglomerations, 2011 National Household Survey". Besoek op 5 Mei 2016.

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne