Wisselstroom

Wisselstroom (groen kurwe). Die horisontale as is tyd en die vertikale as spanning.

Wisselstroom (WS) is 'n elektriese stroom wat periodies van rigting verander, in teenstelling met gelykstroom (GS) wat net in een rigting vloei. Wisselstroom is die vorm van elektrisiteit wat gebruik word in transmissie en verskaf word vir huishoudelike gebruik. Die elektrisiteit beskikbaar in 'n huis by 'n muurprop is dus wisselstroom. Die terme wisselstroom en gelykstroom word gebruik om na 'n veranderende stroom of spanning te verwys. Die algemene engelse afkortings vir wisselstroom en gelykstroom is AC en DC onderskeidelik.[1][2]

Die algemene golfvorm van wisselstroom vir elektrisiteitsvoorsiening is 'n sinusgolf. In sommige toepassings word ander golfvorms gebruik soos driehoek- of vierkantsgolwe. Klank- en radiogolwe wat op elektriese geleiers gedra word is ook voorbeelde van wisselstroom. Hierdie wisselstroom dra inligting soos klank of video en word meestal gedra deur die modulasie met 'n WS draersein met 'n hoë frekwensie.

  1. N. N. Bhargava; D. C. Kulshreshtha (1983). Basic Electronics & Linear Circuits. Tata McGraw-Hill Education. p. 90. ISBN 978-0-07-451965-3. {{cite book}}: Onbekende parameter |last-author-amp= geïgnoreer (hulp)
  2. National Electric Light Association (1915). Electrical meterman's handbook. Trow Press. p. 81.

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne