Ysskaats

Birmingham Sound of Music Gala-span April 1969

Ysskaats dui 'n aantal sportsoorte of vermaaklikheidsvorme aan waar daar op skaatse oor ys beweeg word, naamlik sierskaats, snelskaats en presisieskaats. In Suid-Afrika is veral sierskaats, wat sy oorsprong in Oostenryk en Skandinawië het, gewild. Skaatsers kan tydens kompetisies in groepe of in pare teen mekaar meeding, maar individuele kompetisies is die algemeenste. Hoewel argeoloë al 'n ski wat ouer is as 4 500 jaar in Swede ontdek het, het ysskaatssportsoorte eers in omstreeks 1865 op 'n georganiseerde grondslag tot stand gekom.

Uitbeelding van ysskaats in die 1820's.

In Suid-Afrikaanse verband word ysskaats binnenshuis op kunsmatige bane beoefen, maar in die buiteland word dit ook buitemuurs beoefen. Ysskaats word in presisieskaats, snelskaats en sierskaats ingedeel en die skaatsvorme word beheer deur die Suid-Afrikaanse Ysskaatsvereniging, wat in 1937 gestig is. Dit het meer as 3 000 lede en daar is 22 klubs in die land. Hoewel die vereniging lid is van die Internasionale Skaatsunie (ISU), is Suid-Afrika die afgelope paar jaar internasionale deelname ontsê vanweë politieke druk.

Presisieskaats, wat baie gewild is in die VSA, is plaaslik nog 'n relatief nuwe skaatsvorm en word eerder as 'n vermaaklikheidsvorm as 'n sport- soort beskou. Presisiefigure word deur groepe van tussen 12 en 24 skaatsers, meestal vroue, uitgevoer. Snelskaats word op 'n ovaalvormige baan van 400 m uitgevoer deur individuele skaatsers of spanne wat teen mekaar meeding om so vinnig as moontlik 'n bepaalde afstand af te lê. By internasionale kompetisies ding mans teen mekaar mee oor 500, 1500, 5000 en 10 000 m, terwyl die vrouekompetisies oor afstande van 500, 1 500 en 3 000 m strek.


From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne