Zimbabwiese nasionale krieketspan

Zimbabwe
Kenteken van die Zimbabwiese nasionale krieketspan
BynaamThe Chevrons[1][2]
KonferensieZimbabwe Krieket (ZC)
Personeel
ToetskapteinCraig Ervine
EDI-kapteinCraig Ervine
T20I-kapteinSikandar Raza
AfrigterVlag van Zimbabwe Dave Houghton
Geskiedenis
Toetsstatus verkry1992
Internasionale Krieketraad
IKR-statusAssosiaatlid (1982)
Volle lid (1992)
IKR-streekAKV (Afrika)
IKR-ranglys Tans[3] Beste rang tot dusver
Toetsrang10de8ste
EDI11de8ste
T20I11de9de
Toetse
Eerste toetst Vlag van Indië Indië op Harare Sportklub, Harare; 18–22 Oktober 1992
Laaste toetst Vlag van Wes-Indië Wes-Indië op Queens Sportklub, Bulawayo; 12–14 Februarie 2023
Toetse Gespeel Gewen/Verloor
Algeheel[4]11713/75 (11,11%)
(0 gelykop, 29 onbeslis)
Vanjaar[5]20/1
(0 gelykop, 1 onbeslis)
Wêreldtoets-
kampioenskappe
0/3
Internasionale eendagwedstryde
Eerste EDIt Vlag van Australië Australië op Trent Bridge, Nottingham; 9 Junie 1983
Laaste EDIt Vlag van Skotland Skotland op Queens Sportklub, Bulawayo; 4 Julie 2023
EDIs Gespeel Gewen/Verloor
Algeheel[6]566151/394 (26,67%)
(8 gelykop, 13 onbeslis)
Vanjaar[7]138/4
(0 gelykop, 1 onbeslis)
Krieketwêreldbeker-verskynings9/13 (eerste in 1983)
Beste uitslagSuper Ses (in 1999 en 2003)
Wêreldbeker-
kwalifiserings
5 (eerste in 1982)
Beste uitslagKampioen (in 1982, 1986 en 1990)
Kampioenetrofee-verskynings5/9 (eerste in 1998)
Beste uitslagKwarteindrondte (in 2000)
Twintig20s
Eerste T20It Vlag van Bangladesj Bangladesj op Sheikh Abu Naser-stadion, Khulna; 28 November 2006
Laaste T20It Vlag van Kenia Kenia op United Ground, Windhoek; 30 November 2023
T20Is Gespeel Gewen/Verloor
Algeheel[8]13444/87 (32,83%)
(2 gelykop, 1 onbeslis)
Vanjaar[9]148/6
(0 gelykop, 0 onbeslis)
T20I-wêreldbeker-verskynings6/9 (eerste in 2007)
Beste uitslagSuper Twaalf (in 2022)
T20I-wêreldbeker-
kwalifiserings
2 (eerste in 2022)
Beste uitslagKampioen (in 2022)
Toetsklere
EDI-klere
T20I-klere

Die Zimbabwiese nasionale krieketspan (Engels: Zimbabwe national cricket team), met die bynaam The Chevrons, is die nasionale krieketspan wat Zimbabwe in toets- en kitskrieket verteenwoordig. Dit word beheer en geadministreer deur Zimbabwe Krieket (ZC, van Engels: Zimbabwe Cricket), voorheen bekend as die Zimbabwiese Krieketunie (Zimbabwe Cricket Union, ZCU). Zimbabwe is, na Suid-Afrika, die tweede volle lid van die Internasionale Krieketraad (IKR) in Afrika en het sedert 1992 toets-, EDI- en T20I-status. Zimbabwe is tans (Desember 2023) tiende op die IKR-toetsranglys, elfde op die eendagranglys en elfde op die Twintig20-wêreldranglys.[10][11][12]

Zimbabwe het al aan nege krieketwêreldbekertoernooie deelgeneem, met hul beste prestasie in 1999 en 2003, waar hulle die Super Ses gehaal het. In 2003 het Zimbabwe saam met Suid-Afrika en Kenia die eerste krieketwêreldbekertoernooi in Afrika aangebied. Hulle het tot dusver ook aan vyf T20I-wêreldbekertoernooie deelgeneem, maar nog nie verder as die tweede rondte gevorder nie. Zimbabwe het ook al aan vyf Kampioenetrofeë deelgeneem en in 2000 hul beste verskyning gemaak, toe hulle die kwarteindrondte gehaal het; in onlangse jare het hulle egter nie meer vir dié toernooi gekwalifiseer nie, omdat hulle nie meer onder die agt beste spanne in die IKR se EDI-ranglys is nie.

Weens Zimbabwe se swak ekonomiese en politieke stabiliteit in onlangse jare het die Zimbabwiese nasionale krieketspan agteruitgegaan, veral omdat belangrike spelers dié land verlaat en teenstanders weens veiligheidkwessies weier om in Zimbabwe te speel. Dit lei tot ’n gebrek aan beide ervaring en kundigheid, waarvolgens Zimbabwe nie meer kan meeding met lande wat elke jaar baie krieketwedstryde speel nie. Hul laagtepunt was die opskorting deur die IKR in 2019, maar Zimbabwe is intussen weer gerehabiliteer.[13] Intussen is Zimbabwe deur Namibië as tweede beste span in Afrika, ná die Proteas, verbygesteek.[14] Een voormalige Zimbabwiese speler is in die Internasionale Krieketraad se Heldesaal opgeneem.

  1. (en) "How our cricketers became Chevrons". Zimbabwe Independent. 7 Julie 2017. Besoek op 10 Februarie 2024.
  2. (en) "Chevrons stars Happy to be back playing cricket again". New Zimbabwe. 28 September 2020. Besoek op 10 Februarie 2024.
  3. (en) "ICC Rankings". Internasionale Krieketraad.
  4. (en) "Test matches – Team records". ESPNcricinfo.
  5. (en) "Test matches – 2024 Team records". ESPNcricinfo.
  6. (en) "ODI matches – Team records". ESPNcricinfo.
  7. (en) "ODI matches – 2024 Team records". ESPNcricinfo.
  8. (en) "T20I matches – Team records". ESPNcricinfo.
  9. (en) "T20I matches – 2024 Team records". ESPNcricinfo.
  10. (en) "Men's Test Team Rankings". Internasionale Krieketraad. 31 Julie 2023. Besoek op 10 Februarie 2024.
  11. (en) "Men's ODI Team Rankings". Internasionale Krieketraad. 22 November 2023. Besoek op 10 Februarie 2024.
  12. (en) "Men's T20I Team Rankings". Internasionale Krieketraad. 3 November 2023. Besoek op 10 Februarie 2024.
  13. (en) "ICC suspend Zimbabwe Cricket for political interference". BBC. 18 Julie 2019. Besoek op 10 Februarie 2024.
  14. (en) "England's gold, Australia's fall, Pakistan's homecoming". ESPNcricinfo. 27 Desember 2019. Besoek op 10 Februarie 2024.

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne