Italiaans

Hierdie artikel handel oor die taal. Vir die etniese groep, sien Italianers.
Italiaans
italiano, lingua italiana 
Uitspraak: [itaˈljaːno], [ˈliŋɡwa itaˈljaːna]
Gepraat in: Vlag van Italië Italië
Vlag van Switserland Switserland
Vlag van San Marino San Marino
Flag of the Vatican City Vatikaanstad
Vlag van Slowenië Slowenië
Vlag van Kroasië Kroasië
Vlag van Somalië Somalië
Vlag van Eritrea Eritrea
Vlag van Libië Libië
Vlag van Malta Malta
Flag of Kosovo Kosovo
Vlag van Montenegro Montenegro 
Gebied: Suid-Europa
Totale sprekers: 64 miljoen (moedertaal)
3 miljoen (tweede taal)[1] 
Rang: 20
Taalfamilie: Indo-Europees
 Italies
  Romaans
   Wes-Romaans
    Italoromaans
     Italiaans 
Skrifstelsel: Latynse alfabet 
Amptelike status
Amptelike taal in: Flag of Europe Europese Unie
Vlag van Italië Italië
Vlag van Switserland Switserland
Vlag van San Marino San Marino
Flag of the Vatican City Vatikaanstad
Orde van Malta
Gereguleer deur: Accademia della Crusca
Taalkodes
ISO 639-1: it
ISO 639-2: ita
ISO 639-3: ita 
Verspreiding van Italiaans

Die taal Italiaans (italiano, [itaˈljaːno], of lingua italiana, [ˈliŋɡwa itaˈljaːna]) is 'n lid van die Romaanse taalgroep. Net soos ander Romaanse tale was die gesproke Latynse taal of Vulgêrlatyn die uitgangspunt vir 'n taalkundige proses wat in die Middeleeue met die vestiging van Italiaans as selfstandige taal afgesluit is. Die oudste tekste, wat as Italiaans geklassifiseer word, dateer uit die tydperk tussen 960 en 963 en staan bekend as Placiti Cassinesi. Hulle is opgestel as juridiese dokumente vir die beslegting van 'n grondgeskil tussen drie Benediktyne-kloosters en 'n plaaslike grondeienaar in die omgewing van Capua, Kampanië. Blykbaar was ten minste een van die partye Latyn nie magtig nie sodat 'n vertaling in die volkstaal of volgare as nodig geag is.[2][3]

'n Inskrif op 'n marmertafel in Capua herinner aan die oudste bekende teks in Italiaans

Italiaans word deur ongeveer 65 miljoen sprekers in Italië, San Marino, die Vatikaanstad, Switserland (hoofsaaklik in die kanton Ticino), Monaco, Frankryk (département Alpes-Maritimes), Italiaanse minderhede in dele van Kroasië en Slowenië asook Italiaanse gemeenskappe in die Europese en oorsese buiteland gepraat. So is dit danksy grootskaalse immigrasie vanaf die 19de eeu die tweede mees gesproke taal in Argentinië naas Spaans. Met die groot emigrasiegolwe van die laat 19de en vroeë 20ste eeu is Italiaans as een van die mees gesproke tale naas Engels in die Verenigde State gevestig. Wêreldwyd is tussen vyftien en twintig miljoen sprekers Italiaans as tweede taal magtig.

  1. "Ethnologue: Languages of the World, Seventeenth edition, Italian" (in Engels). Ethnologue. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 17 Mei 2020. Besoek op 13 Februarie 2016.
  2. Berloco 2018
  3. Simone 2010

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne