Bergamo

Comune di Bergamo

Bèrghem
Stad
Die hoër geleë gedeelte van die historiese kernstad (Città Alta)
Die hoër geleë gedeelte van die historiese kernstad (Città Alta)
Comune di Bergamo is in Italië
Comune di Bergamo
Comune di Bergamo
Koördinate: 45°41′42″N 9°40′12″O / 45.69500°N 9.67000°O / 45.69500; 9.67000
LandVlag van Italië Italië
Streek Lombardye
ProvinsieBergamo
StigtingKeltiese nedersetting (10de tot 9de eeu v.C.)
Regering
 • BurgemeesterGiorgio Gori (PD)
Oppervlak
 • Totaal40,16 km2 (15,51 vk. myl)
Hoogte
249 m (62 ft)
Bevolking
 • Totaal122 161
 • Digtheid3 042/km2 (7 876/vk. myl)
TydsoneUTC+1 (MET)
 • SomertydUTC+2 (MEST)
Poskode
24121-24129
Skakelkodes035
Webwerfcomune.bergamo.it

Bergamo ['bɛrgamo] (Bèrghem in die plaaslike Lombardiese dialek) is 'n munisipaliteit in die Noord-Italiaanse administratiewe streek Lombardye en die hoofstad van die gelyknamige provinsie. Die stad het 'n bevolking sowat 122 000 na wie as Bergamaske verwys word. Die Venesiaanse stadsmuur van Bergamo (Mura Venete) maak - saam met soortgelyke versterkings langs 'n roete wat van Peschiera, Palmanova en Bergamo in Italië tot Sibenik en Zadar in Kroasië tot Cattaro (Kotor) in Montenegro strek - sedert 2017 deel uit van die Unesco-wêrelderfenis.

Bergamo het sy eie internasionale lughawe - die Aeroporto Internazionale Orio al Serio - wat sowat vyf kilometer vanaf die middestad en 45 km oos van Milaan geleë is. Terwyl laekostelugrederye soos Ryanair dit as 'n goedkoper alternatief tot Milaan se lughawe bedien (en die passasiersgetalle in 2018 tot 12,9 miljoen laat groei het), kry die belangstellende toeris maklik toegang tot een van Italië se eersterangse bestemmings vir argitektuur- en kunsliefhebbers. Bergamo is intussen die tweede mees besoekte stad in Lombardye na Milaan.

Dikwels word in Italiaanse tekste Bergamo se erenaam Città dei Mille («Stad van Duisend») genoem. Hierdie bynaam is in die 19de eeu aan Bergamo toegeken nadat talle Bergamaske in 1860 by die Italiaanse vryheidstryder Giuseppe Garibaldi se leër van 1 089 vrywilligers, bekend as «Rooihemde», aangesluit het. Op 5 Mei 1860 het Garibaldi en sy «Rooihemde» in Genua hul seereis na Sisilië begin om die eiland van die bewind van die Huis van Bourbon te bevry.

Bergamo is een van die stede in Lombardye wat die ergste geraak is deur die Koronaviruspandemie van 2019-2020. Tussen 14 en 18 Maart 2020 het die getal Korona-pasiënte verdubbel tot 3 800, terwyl byna 400 sterfgevalle aangeteken is.[1]

  1. Spiegel Online, 18 Maart 2020: Bergamos Bürgermeister über Corona - "Nutzt die Zeit, die ihr noch habt". Besoek op 18 Maart 2020

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne