Feta

Feta
Oorsprong  Vlag van Griekeland Griekeland
Melkbron  Skape (≥70%), bokke (bevat soms koei- of buffelmelk)
Eienskappe
Gepasteuriseer  Soms
Tekstuur  Korrelrig
Vorm  Blokke
Veroudering  Minstens 3 maande
Voedingswaarde (per 100 g)
Vetinhoud  21 g
Proteïen  14 g
Koolhidrate  4 g
Vitamiene  B2, B6, B12, A
Energie  1 103 kJ
’n Groenteslaai met wit blokkies feta.

Feta (Grieks: φέτα féta, "sny") is ’n wit, gepekelde wrongelkaas wat in Griekeland van skaapmelk gemaak word, of van ’n mengsel van skaap- en bokmelk. Soortgelyke gepekelde kase van koeimelk word ook elders in Europa gemaak en hulle word soms ook feta genoem. Dit is ’n krummelrige, verouderde kaas met ’n korrelrige tekstuur wat gewoonlik in blokke verkoop word. Feta word net so geëet of in slaaie soos ’n Griekse slaai. Dit word ook gebruik in pasteitjies, toebroodjies, omelette of as plaasvervanger vir ander kase in verskeie geregte.

Sedert 2002 word "feta" deur die Europese Unie bepaal as slegs ’n kaas wat in sekere streke van Griekeland op ’n tradisionele manier van skaapmelk vervaardig is, of van ’n mengsel van skaap- en tot 30% bokmelk uit dieselfde streek.[1] Soortgelyke kase word egter ook in die oostelike Middellandse See-gebied en om die Swartsee aangetref.

  1. Gooch, Ellen (Lente–Somer 2006). "Truth, Lies, and Feta: The Cheese that Launched a (Trade) War". Epikouria: Fine Foods and Drinks of Greece. Triaina Publishing. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 5 Julie 2009.{{cite web}}: CS1 maint: date format (link)

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne